Jeffrey Wicks, woordvoerder van Netcare 911 sê die tweede en derde verdiepings van die gebou het ineengestort. “Twee mans was binne die gebou en is onder die puin begrawe,” het hy gesê. ʼn Man is op 21 Maart beseer toe ʼn gedeelte van die gebou ineengestort het. ʼn Brand het in Februarie in die gebou uitgebreek en mense het intussen van die staalbalke uit die struktuur gesteel wat moontlik tot die ineenstorting kon gelei het. -SAPA
2 dood ná gebou in JHB ineenstort
Twee mans is Donderdag dood ná ʼn tweede ineenstorting van ʼn gebou op die hoek van Jeppe en Endstraat in Johannesburg, het paramedici gesê.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.