Die vakbond Solidariteit en Absa sal mekaar binnekort in die hooggeregshof sien.
Lees meerAlles vir Donderdag 29 Maart 2012
Een van die vermiste luislange opgespoor
Een van die twee albino-luislange wat uit hul huis in Tugelasingel, Gallo Manor in Sandton, ontsnap het, is Donderdag opgespoor.
Gewone gifstof bedreig glo bye
Luidens twee aanlynstudies bedreig ʼn gewone tipe gifstof in Amerika die reeds seldsame heuning- en hommelbye, berig Seth Borenstein van Science.
Een van die vermiste rugbyspelers opgespoor
Die liggaam van een van die vyf rugbyspelers wat Sondag in die see by Port Elizabeth vermis geraak het, is by die Ngqura-hawe opgespoor.
2 dood ná gebou in JHB ineenstort
Twee mans is Donderdag dood ná ʼn tweede ineenstorting van ʼn gebou op die hoek van Jeppe en Endstraat in Johannesburg, het paramedici gesê.
Renosterstropery styg steeds skerp
Die departement van omgewingsake het bekendgemaak dat minstens 15 renosters die afgelope tien dae vir hul horings doodgemaak is.
Boer dalk vervolg wat ‘inbreker’ doodskiet
ʼn 65-jarige boer van Zeerust in Noordwes gaan moontlik van moord aangekla word nadat hy ʼn vermeende inbreker doodgeskiet het.
Absa ontken massa-afleggings
Absa het Donderdag gesê daar is geen planne vir massa-afleggings by die maatskappy nie.
Video: ontledings van die driepartyalliansie
Video: Wat gaan aan in die droomland van die ANC, SAKP en hul verwante vakbonde? Die Solidariteit Beweging het ‘n gesprek gehou om onlangse ontwikkelinge binne die driepartyalliansie te ontleed met ‘n fokus op die implikasies daarvan.
Video: AfriForum kondig petisie aan oor ANC se Grondwetplanne
Die burgerregte organisasie, AfriForum, het Donderdag ʼn veldtog aangekondig teen die ANC se voorneme om fundamentele wysigings aan die Suid-Afrikaanse Grondwet aan te bring.
Polisie stuit proteskonvooi teen tolstelsel
Die beplande betoging deur die Vryheidsfront Plus oor die Gautengse tolstelsel is Donderdag onwettig verklaar omdat die groep nie toestemming het om te betoog nie.
Nuuskommentaar: Privilegie en anargie
Die kwessie van parlementêre privilegie het opnuut onder die vergrootglas gekom met ‘n siedende aanval wat die ANC-politikus, mnr. Neels van Rooyen, op die Vrystaatse Rugby-unie en sy uitvoerende hoof, Harold Verster, geloods het.
Omgewingsbewaarder deur tier aangeval
ʼn Bekende omgewingsbewaarder en rolprentmaker is in ʼn ernstige toestand in ʼn hospitaal in Bloemfontein opgeneem nadat hy deur ʼn tier op sy tierplaas buite Philippolis aangeval is.
Man ‘vermoor’ vier gesinslede, probeer selfmoord pleeg
ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou, twee kinders en niggie vermoor en hierna probeer selfmoord pleeg het.
1 sterf, 2 ernstig beseer in vragmotorbotsing
Een persoon is dood na ʼn botsing tussen drie vragmotors op die N1 suid tussen die Lynnwood- en Rigel-afrit.
Slagoffers van Centurion-skietery se name bekend
ʼn Ontspoorde eiendomstransaksie was blykbaar die rede vir Woensdag se tragedie by ʼn prokureursfirma in Centurion waar ʼn man drie mense doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.