22 in Gauteng aangekeer

Twee-en-twintig mense is oor die naweek tydens padblokkades en klopjagte in Gauteng in hegtenis geneem en die polisie het beslag gelê op vervalsde ware ter waarde van R15 miljoen.

“Die polisie het ook beslag gelê op twee gesteelde voertuie, ‘n motorfiets, ‘n vuurwapen met drie bokse ammunisie, en dwelmmiddels,” het lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, Maandag gesê. Verkeersboetes ter waarde van R260 000 is ook oor die naweek uitgereik.

Die padblokkades is op alle hoofsnelweë insluitend die N1-Grasmere/Carousel-tolplaza, N3, N14 en R59 gehou. Klopjagte is in die Johannesburgse middestad naby Parkstasie gehou waar die polisie op die grootste deel van die vervalsde ware en DVDs beslag gelê het. “Hierdie goedere sou aan mense op taxi’s verkoop word onderweg na hul onderskeie vakansiebestemmings,” het Dlamini gesê.

Agt mense is in hegtenis geneem vir die besit van dwelmmiddels, ses vir onwettige immigrasie, vier vir alkoholverbruik in die publiek, twee wat sonder lisensies bestuur het en twee vir bedrog en die besit van ‘n gesteelde motorfiets.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.