Die finaliste van die gesogte Diners Club Jong Wynmaker van die Jaar-toekenning is aangekondig.
Dié toekenning vereer die kuns van Suid-Afrikaanse wyne en wynboukundiges. Die Diners Club Wynmaker van die Jaar-toekenning, wat vanjaar vir die 33e keer uitgeloof word, word beskou as die mees gesogte en gerespekteerde kompetisie in die wynbedryf. Die toekenning vir jong wynmakers is 13 jaar gelede ingestel om wynmakers, jonger as 30, aan te moedig om hul vaardighede te ontwikkel en hul individualiteit uit te druk.
Die finaliste in die kategorie vir die 2013 Jong Wynmaker van die Jaar vir droë wit wyne:
Murray Barlow – Rustenberg Wines (Rustenberg Chardonnay 2012)
Hendrien de Munck – Longridge Wynlandgoed (Longridge Chardonnay 2012)
Attie Louw – Opstal Estate (Opstal Estate Carl Everson Chenin Blanc 2012)
Emile van der Merwe – Vondeling (Vondeling Signal Canon Chenin Blanc 2013)
Narina Cloete – Quoin Rock (Quoin Rock Nicobar Sauvignon Blanc 2012)
David Sadie – Lemberg (Lemberg Lady 2012)
Die toekenning word op 30 November by ʼn gala-geleentheid by La Residence-hotel in Franschhoek uitgeloof.
Foto:
Fotograaf: Johan Wilke
Stilis: Candice-Lee Kannemeyer
Hare en grimering: Candisty Lundall
Plek: Lourensford-proesentrum, Somerset-Wes
Span: Elzilda Becker; Melanie Tait; Mariska Visser; Jaco Van Loggerenberg; Hannes Nel; Ryno Bakkes