Drie tel voertuig op om kind te red

Omstanders het onlangs bewys dat “bomenslike” krag soms in noodgevalle tot mens se beskikking is.

Drie omstanders in Nelson, Nieu-Seeland, het ‘n motor bo van ‘n 10-jarige af opgetel nadat hy, ná ‘n ongeluk, onder die voertuig vasgepen was, berig die Nelson Mail. Die seun, wie se naam nog nie bekend gemaak is nie, het slegs skrape en kneusplekke opgedoen. Die polisie ondersoek die saak verder.

Die seun het glo sy fiets gestoot toe ‘n motor in hom vasgejaag en hom vir meer as 5 meter ver gesleep het. Van die omstanders het die bestuurder van die voertuig gemaan om te stop.

Patrick McDougall, assistent-bestuurder by ‘n Subway-kitskosrestaurant, Keith Simpson, mede-eienaar van Coffee Shack en ‘n onbekende vrou het die slag en die seun se hulpkrete gehoor. Hulle het na die toneel gehaas en vinnig die voertuig se neus opgetel en agteruit gestoot om die seun te probeer bevry. Die seun was glo onder ‘n wiel vasgevang.

“Dit was vreeslik swaar, maar ons het dit reggekry,” het Simpson gesê. “Die seun het begin praat en dit was ‘n groot verligting. Ek hoop nie ek hoef so iets ooit weer te sien nie.”

Volgens Scientific American, skop ‘n krisis ons adrenalien-klier in werking. Die liggaam kry ‘n skoot kortisol en adrenalien, en bied ekstra suurstof en energie aan die spiere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Anita ·

Baie genade ook van Bo, die redding was asemrowend, sterkte krag te meet in skok,

W Venter ·

Baie bly die seun is ongedeerd… Word die berigte nie deurgegaan vir spelfoute voordat dit gepubliseer word nie? Ek vra maar net?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.