“Engele het nie vlerke nie”

Argieffoto

Argieffoto

Engele bestaan, maar het nie vlerke nie, en hulle is meer soos skerwe lig, het ʼn engelkenner van ʼn Katolieke Kerk gesê.

“Ek dink engele word opnuut ontdek in Christenskap,” het vader Renzo Lavatori in Rome aan FP gesê. “Mens ervaar engele se teenwoordigheid eerder as wat jy hulle sien; hulle is soos ʼn sonstraal wat deur ʼn kristalvaas op jou weerkaats.”

Lavatori neem tans deel aan ʼn debat oor engelekuns by die Fondazione Archivio Storico.

“Die beeld van engele het gevolg nadat hulle weer populêr geraak het,” sê hy. Hy veroordeel egter al die engelekuns tydens Kersfees. “Daar is ruimte daarvoor, maar mens moet verstaan dat dit nie werklik verteenwoordigend is nie. Angele het nie vlerke nie en hulle lyk ook nie soos gérubs nie.”

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.