Fillipynse owerhede het die soektog na nog oorlewendes afgelas vier dae ná die grootste aardbewing die afgelope twee dekades die gebied Dinsdagoggend getref het. Minstens 180 mense is in die aarbewing gedood.
Minstens dertien mense word steeds vermis en is vermoedelik in die rommel van geboue wat inmekaar gestort het, begrawe.
Die aardbewing, wat 7,1 op die Momentmagnetideskaal geregistreer het, het die Filippyne vroeg Dinsdagoggend getref. Hoewel die skudding die eiland Bohol getref het, het die meeste skade op die naburige eiland Cebu voorgekom, waar ‘n hospitaal aan die brand geslaan het. Die skudding was sowat 350 kilometer van die hoofstad, Manilla.