Foto’s: Brand dreig Kaapse Skiereiland

Foto: Carmen Lorraine

Brandbestryders in Kaapstad hou ‘n brand dop wat op die hange van die berg bó Simonstad in die Kaapse Skiereiland woed.

Theo Layne, die woordvoerder van die Brand- en Reddingspanne, het aan RSG gesê die ontoeganklikheid tot die brand bemoeilik sake en dat hulle dit gevolglik nie Donderdagaand onder beheer kon bring nie. Nooddienste is veral bekommerd dat ‘n sterk noordwestelike wind moontlik die brand teen die berg gaan afstuur. Brandweerwaens en watertenks is op bystand geplaas.

Klik hier om meer foto’s te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.