Dit stadsraad van Parys, Frankryk, het Maandagaand voormalige president Nelson Mandela ‘n ereburger van die stad gemaak. Die stad het egter geweier om Hugo Chavez, voormalige leier van Venezuela, te vereer.
Adjunk-burgemeester Pierre Schapira het in ‘n toespraak tydens hul stadsraadsvergadering gesê Madiba, wat ‘n Nobel-vredespryswenner is, is ‘n historiese menseregte figuur.
Chavez en kommunistiese raadslede het egter die koue skouer gekry om ‘n gebied in die stad na hom te vernoem. Chavez het vroeër die maand gesterf. “Armoede het wel afgeneem en toegang tot onderwys is onder Chavez se leiding verbeter, maar dit is te vroeg om oor sy nalatenskap te stem,” het Schapira gesê.
Jacob Zuma was nog nooit so ‘n aantreklike man nie…(lol)
Moet asseblief Byskrif by foto regstel. Dit pas nie by my vriend se foto nie .