Hyskraan in reddingspoging gebruik

'n Man word op die toneel behandel. Foto: Netcare911

Twee konstruksiewerkers is Maandagmiddag ernstig beseer nadat hulle omtrent vier meter ver van een vlak steierwerk na ʼn ander vlak by ʼn bouterrein in Hatfield, Pretoria, geval het.

Netcare911 en Tshwane-nooddienste het omtrent drie ure gespook om die mans op die gevaarlike toneel te behandel.

“Na wat verneem word, het die mans hul balans verloor en vier meter ver geval. Hulle het op ʼn vlak steierwerk geland en kon nie beweeg nie. Netcare911-paramedici en die nuutgestigte motorfietseenheid is ontbied,” het Jeffrey Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, gesê.

“Paramedici het tot by die mans geklouter en hulle behandel, maar die steierwerk was te onstabiel om hulle veilig af te dra. Die Tshwane-brandweer se hulp is gevolglik ontbied,” het Wicks bygevoeg. ʼn Hyskraan, wat op die terrein was, is gebruik om ʼn reddingsmandjie na die mans te hys. Hulle is een vir een na die grond laat sak. Hulle is op die toneel stabiliseer en per ambulans na ʼn nabygeleë privaathospitaal geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.