Satellietkommunikasie soos DStv, die internet, selfone, GPS en radio’s kan nog tot Vrydag ontwrig word, na ‘n sterk X-straal-sonfakkel die aarde se magneetveld vanoggend om nege-uur getref het, en ‘n geomagnetiese storm ontketen het.
Die uitbarsting op die son het reeds op 7 Januarie plaasgevind.
Lewe op aarde word glad nie bedreig nie, omdat die aarde self deur ‘n magneetveld beskerm word, aldus die Suid-Afrikaanse Ruimteagentskap, Sansa.
Dankie Herman. Hier is ‘n skakel na ‘n potgooi van ‘n insiggewende gesprek wat ek vandag daaroor gehad het met navorser Dr Pierre Cilliers van die Nasionale Direktoraat van SANSA http://www.whalecoastfm.co.za/podcasts/Science%20and%20Technology op Whale Coast 96FM. Ek sou almal aanraai om daarna te gaan luister, want dit help ons om die tegniese- en kommunikasieprobleme soveel beter te verstaan. Groetnis.