Ses mense is dood nadat ʼn Toyota en ʼn BMW oor die naweek mekaar reg van voor op die Koster-pad naby Magaliesburg in Noordwes getref het.
Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het Sondag gesê die ongeluk het Saterdagaand omstreeks middernag plaasgevind. “Dit is nog nie bekend wie die skuldige party is nie, en dit sal deur ʼn polisieondersoek bepaal word,” het hy gesê.
Volgens Botha het die wrakke van die voertuie die pad versper. Die insittendes was in die voertuie vasgekeer en moes uitgesny word.
Vyf van die mense was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Een persoon het nog gelewe, maar hy het veelvoudige kritieke beserings opgedoen. Die man het ʼn hartstilstand gekry nadat hy uit die voertuig gesny is. Paramedici het 40 minute lank gespook om hom by te bring, maar hy is later op die toneel dood verklaar.”
Dankie, stuur asb in die toekoms ook vir my. Ek het watsapp en bbm en mxit. Dankie
Dankie dat ek kan deel in dit wat julle doen. Ek is trots op julle!!!