Elke September stroom derduisende kreatiewes na die Moederstad vir die Pendoring- en Loerie- toekennings. Die room van die reklamebedryf het vandeesweek oudergewoonte geskitter, maar dit was nie nét die groot name wat deelgeneem het nie.
Daar was ‘n verskeidenheid aktiwiteite en geleenthede deur die loop van die week wat gedien het as platform vir veral jong talent.
Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.