Die sesde gekeurde Li Na het die eerste Chinese speler geword om deur te dring na die kwarteindronde van die Franse Ope.
Li het die negende gekeurde Petra Kvitova van die Tsjeggiese Republiek met 2-6, 6-1 en 6-3 geklop.Sy sal te staan kom teen, of die vierde gekeurde Victoria Azarenka van Belarus of Rusland se Ekaterina Makarova.
Die tweede gekeurde Novak Djokovic het sonder enige moeite sy plek in die halfeindronde verseker toe die Italianer Fabio Fognini uit die toernooi onttrek het weens ʼn besering. Gael Monfills en David Ferrer sal sake uitspook om ʼn plek in die kwarteindronde waar die wenner teen die derde gekeurde Roger Federer te staan sal kom. Die wenner van die wedstryd sal teen Djokovic te staan kom in die halfeindronde.