ʼn Britse man is ernstig beseer nadat sy mikrovliegtuig Maandag naby Munster aan die KwaZulu-Natale suidkus neergestort het.
ʼn Woordvoerder van Netcare911, Chris Botha, sê die 55-jarige man wou glo omstreeks 11:00 Maandagoggend die mikrovliegtuig land toe hy teen ʼn steil wal vasgevlieg het. Botha sê die man is op die toneel behandel voor hy na die Margate-hospitaal geneem is vir verdere behandeling. Die voorval word ondersoek.