ʼn Man is op vrye voet nadat hy uit Kempton Park-polisiestasie se aanhoudingselle ontsnap het, het die polisie in Gauteng Vrydag gesê.
“Die man is Woensdag saam met drie ander mans in hegtenis geneem toe hulle in Sebenza aan die Oos-Rand met gesteelde goedere betrap is,” het kapt. Jethro Mtshali, woordvoerder van die polisie, gesê.
Die mans het glo ʼn beampte oorval en probeer ontsnap. Polisiebeamptes kon drie van die mans aankeer, maar een het ontsnap. Al die mans is in hul 30s.