‘n Man van Tanzanië is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n negejarige dogter in Johannesburg wou verkrag.
“Die kind se ma het haar twee kinders in haar kêrel se vriend se sorg gelaat toe sy Sondagaand inkopies gaan doen het,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagte het glo aan die dogter begin vat en haar klere begin uittrek. Sy kon egter ontsnap en het ‘n man wat sy op die trappe raakgeloop het, gevra om die polisie te ontbied.”
Die 28-jarige verdagte sal na verwagting binnekort in die Johannesburgse landdroshof verskyn.