ʼn Man en vrou is Dinsdagmiddag dood aangetref in ʼn vakansiewoonstel in George in die Wes-Kaap.
ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Bernadine Steyn, sê die liggaam van Annemarie van Loggenberg (35) is op die bed gevind. Sy is in die kop geskiet. Steyn sê Willie Venter (39) se liggaam is ook in die woonstel gevind. Hy is ook in die kop geskiet. Sy sê ʼn 9mm-pistool met ʼn knaldemper is op die toneel gevind. Steyn sê die polisie ondersoek die moontlikheid dat Visser vir Loggenberg geskiet het voor hy die geweer op homself gedraai het. Sy sê dit is egter spekulasie en dat die polisie wag op die uitslae van die nadoodse ondersoek. Die polisie ondersoek die saak.