Die reën en ysige weerstoestande sal na verwagting vandag voortduur en nog inwoners sal moontlik ontruim moet word. Die liggaam van ʼn man is Woensdagoggend in Kuilsrivier gevind nadat hy in die ysige toestande omgekom het. Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die polisie het twee mans onder ʼn kartonboks gekry. Sy sê met paramedici se aankoms op die toneel is een van die mans dood verklaar terwyl die ander man in ʼn kritieke toestand na die Tygerberg-hospitaal geneem is. Die Chapmanspiek-pad en die pas tussen Franschoek en Villiersdorp is intussen vir verkeer gesluit weens modderstortings.
Reën, ysige weer in die Kaap veroorsaak chaos
Inwoners van die Paarl wat langs die Bergrivier woon is gisteraand in gemeenskapsale gehuisves nadat die rivier oorstroom het.
ondersteun maroela media só
Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.
Het jy gehoor?
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.