1 gered, 1 dood en 1 vermis ná boot omslaan

Storm_weer_see_rotse_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto: pixabay.com

’n Man is Donderdagaand gevind waar hy aan ’n dryfboei om sy lewe vasgeklou het terwyl ’n ander se lewelose liggaam gevind is nadat ’n boot vroeër in die diepsee van Valsbaai in die Wes-Kaap omgeslaan het. Nog ’n man word in dié stadium vermis, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) gesê.

Darren Zimmerman, stasiebevelvoerder van NSRI Simonstad, het gesê owerhede is net ná 16:00 van die voorval ingelig waarna ’n patrollieboot op die omgeslane boot afgekom het aan die kus van Simonstad, in die diepsee van Valsbaai.

Die boot is vroeër die dag van die Kalkbaai-hawe deur drie mans geloods. Die boot het vermoedelik omstreeks 12:00 al omgeslaan.

Die seereddingsboot Spirit of Surfski II is uitgestuur om by die patrollieboot aan te sluit, terwyl die NSRI Kommetjie en NSRI Strandfontein ook reddingsbote uitgestuur het om te help soek na die mans.

Volgens Zimmerman is twee mans gedurende die soektog in die see aangetref waar hulle aan die dryfboei vasgeklou het. Die mans is op een van die reddingsbote gelaai waar een dood verklaar is. Die ander is in ’n kritieke toestand weens hipotermie na ’n hospital gehaas en sedertdien gestabiliseer.

Die polisie se duikeenheid het teen gisteraand nog na die derde man gesoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Een van die mans wat aan die die reddingsboei vasgeklou het is dood verklaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.