ʼn 23-jarige vlieënier is Saterdag dood ná ʼn ligte vliegtuig by ʼn lughawe in Port Elizabeth neergestort het.
“Paramedici is omstreeks 12:50 na die toneel ontbied,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê. “Die Cherokee-vliegtuig het kort nadat dit opgestyg het, by die grensdraad neergestort en aan die brand geslaan.” Die man het beswyk aan sy beserings.
Volgens Botha is die oorsaak van die ongeluk nog nie duidelik nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Maroela Media het Vrydagaand berig ‘n man is dood nadat sy mikrovliegtuig naby Randburg in Gauteng neergestort het.
Een van die veiligste vervoermiddels wat daar bestaan; (as die reëls gevolg word!). Dit is altyd jammer wanneer so iets berig word. En by kenners is daar onmiddelik vrae oor wat kon gebeur het. Die Cherokee is ‘n uiters vergewende Piper. Ek was die eienaar van ‘n Cherokee vir vele jare en praat met dekades se ervaring wanneer ek sê dat daar bes moontlik ‘n (lugspoed)staking betrokke was. Natuurlik kon daar ander faktore wees maar die raaiskoot is ‘default’.
Baie jammer om hierdie tragiese nuus te lees. My innige simpatie aan die familie en naasbestaandes van die vlieënier.