“Die parlement het ’n mandaat van die grondwet om die uitvoerende gesag verantwoordbaar te hou,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, gesê. Maimane het gesê hul versoek beteken ’n debat sal in die Nasionale Vergadering gehou moet word en dat ANC-LP’s die totstandkoming van so ’n komitee sal moet ondersteun.
Maimane het gesê bewerings van samespanning met die Gupta-familie moet spesifiek ondersoek word teen Malusi Gigaba, minister van finansies, Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, Mosebenzi Zwane, minister van minerale hulpbronne en Des van Rooyen, minister van samewerkende regering en tradisionele sake.
Volgens Maimane is die ANC duidelik nie daartoe in staat om van rigting te verander nie, in ag genome dat daar nie teen Zuma opgetree is na afloop van die naweek se vergadering van die nasionale uitvoerende komitee nie.
Maimane het gesê hulle is egter aangemoedig deur ANC-LP’s wat die afgelope paar weke versoek het dat bewerings van staatskaping ondersoek word.
Sondag se NUK-vergadering het plaasgevind te midde van verdoemende koerantberigte teen Zuma se omstrede vriende, die Gupta-familie. Die berigte het die familie se invloed op die staat deur Zuma en sy seun, Duduzane, onthul.
Die Sunday Times het berig oor verdoemende e-posse wat wys watter groot rol die omstrede Gupta-familie in die bestuur van die land speel. City Press het berig Zuma oorweeg dit om die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) ’n tweede tuiste vir sy familie te maak.
Verslae, berrigte, ondersoeke, aantuigings, feite…wat ook al. Zuma en sy Zumaikies het hulself ingeboesem in n beskermde bunker van selfbemagtiging en vergrype! Daars mos nie n MANIER wat die wat voordeel trek uit Zuma en sy handpoppe se magspel, hulle self sal benadeel nie! So word Suid Afrika soos die res van Afrika leeg gesteel en geplunder.
Die DA sal op hul voete moet dink. Die veteraan ANC lede is ook woedend dat Zums nie herroep is nie.
Lekker man lekker. Ek dog die OB het dit reeds gedoen . Hoeveel ondersoeke nog . Die staat is gekaap en klaar.
Nuttelose OB en Shaun Skapie is ook gekaap!!
En wie stel die ondersoekers aan wonder mens. Hopenlik sal Mmusi n ogie daaroor hou. Dit gaan ook weer maande duur terwyl JZ klou soos n neet.
Mmusi Maimane, u en DA moet ophou om publiek te speel! Die ad hoc komitee wat u wil he, wat die speaker moet aanstel om Zuma en Guptas te ondersoek, die meeste gaan bestaan uit Anc-lede! Die korrupte soustrein moet voortstoom vir hul!
Kon nie help om te smile toe ek hoor Gert van der Merwe is die Guptas se regsverteenwoordiger. Geld koop darem enigiets oor kleurgrense en oor moraliteit, en integriteit heen. Mense het so GREEDY geword, dit is hoekom SA in die toestand is waarin hy is. .. steeds mense wat enigiets vir geld sal doen . aan beide kante, blank en swart .. Eintlik het hulle ‘n saak met die land, solank hulle SAKKE net gevul word is hulle doodgelukkig. My eerlike opinie is dat Mmusi ook nou op die Gravy Trein wil klim .. hy sien die ander ry so lekker.
Nee wat die perd het my stem al lankal verloor. Hy en die DA het die witmens goed gespeel, selfs n witvrou getrou, nou vertrou julle op hom. Nee wat, ek hou verby. Darm hoef ek nou nie meer n stem lokaal hier in Oz te gaan soek nie.