AfriForum hou valkoog oor nasionale verkiesing

Argieffoto (Foto: Rajesh Jantilal/AFP)

Lede van AfriForum het vandag opleiding ontvang om op te tree as onafhanklike waarnemers tydens die opkomende nasionale en provinsiale verkiesing. Die organisasie is reeds geregistreer by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) om waarnemers by stembusse te plaas om te verseker dat alle prosedures reg verloop.

AfriForum het 134 waarnemers geregistreer wat gereed is om landswyd by stembusse ontplooi te word.

“Dit is belangrik vir AfriForum om deel te vorm van die verkiesing, daarom gaan ons lede reg oor die land ontplooi as waarnemers om seker te maak dat daar nie ongerymdhede plaasvind by die stembusse nie,” sê Corné Cronjé, AfriForum se bestuurder van gemeenskapstrukture. “Regverdige verkiesings sorg dat leiers en regerings aanspreeklik gehou word teenoor die mense wat hulle dien. Wanneer landsburgers die geleentheid het om vry en regverdig te stem, kan hulle hul tevredenheid of ontevredenheid met hul huidige leiers en beleid uitspreek. Ons sal alles in ons mag doen om te verseker dat die opkomende verkiesing regverdig geskied.|

Volgens Morné Mostert, AfriForum se bestuurder van plaaslikeregeringsake, kan die nasionale en provinsiale verkiesing aansienlike implikasies vir munisipaliteite inhou. “Indien ’n plaaslike regering versuim om noodsaaklike dienste aan sy inwoners te verskaf, kan die provinsiale regering intree om die kwessie aan te roer en dienslewering te verseker. Baie munisipaliteite in die land word in hierdie stadium uiters sleg bestuur, wat swak dienslewering tot gevolg het. Hierdie munisipaliteite het dringende ingryping van provinsiale regerings af nodig en meeste provinsiale regerings beskik tans nie oor die vermoë om hierdie ingryping te bewerkstellig nie. Verandering in die provinsiale regerings kan dus positiewe verandering meebring in terme van munisipale dienslewering.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Robert ·

Baie dankie AfriForum. Sonder julle sou ons baie slegter af gewees het!!!

Di ·

Stem saam, ons sal moet wakker staan met hierdie verkiesing. Die korrupte kaders sal met alle mag probeer om die meerderheid stemme te werf, wettig of nie. Ek vertrou die ANC kaders en EFF net so ver ek hulle kan sien, slinkse klomp mense.

honeybee ·

Dankie Afriform dis hoekom ek nie omgee om elke maand n bydrae te maak nie.

Chris ·

Ag asseblief, julle mors jul tyd. Wie will ‘n weddenskap met my aangaan. Sodra een van die Afriforum of enige ander witte iets sien by die verkiesingslokaal en hy/sy wil dit aanmeld sal ek nou al kan opnoem wat die reaksie sal wees. In 1998/9 se verkiesing was daar in Limpopo ‘n gebied met 3500 geregistreerde kiesers. Raai wat daar was oor die 7000 stembriewe by die tellery getel. Nou wat nou. In Afrika was en sal daar nooit ‘n regverdige eerlike verkiesing wees nie.

Christine ·

Ek dink nie die grootste bedrog is by die stembusse nie, maar eerder met die vervoer van die stemme na die OVK se tellokaal.

George ·

Kan nie wag tot 30Mei dat Afriforum kan stop om my te bel nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.