AfriForum-regsman dien klag in teen Malema, Ndlozi

Julius Malema en Mbuyiseni Ndlozi in die hof. Foto: EFF/Twitter

’n Prokureur by AfriForum se privaatvervolgingseenheid het Woensdag ’n klag van aanranding teen Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, ingedien nadat die twee hom glo vroeër in die hof met fisieke geweld gedreig het.

Die dreigemente is glo op 29 Oktober teenoor Wico Swanepoel in die Randburgse landdroshof gemaak tydens Malema en Ndlozi se verhoor op ’n ander aanklag van aanranding.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ’n waaksaamheidsopdrag namens die klaer, lt.kol. Johan Venter, in die betrokke saak en het daarom die hofverrigtinge bygewoon.

Malema en Ndlozi het die betrokke dag ná teetyd vir Swanepoel gesê sy bene is in die pad omdat dit gedeeltelik voor die beskuldigdebank was waarby hulle wou inskuif.

Volgens Swanepoel het hy dadelik regop gesit toe hy besef dat die beskuldigdes wou verbykom.

Wico Swanepoel by die Randburg-polisiestasie waar die klag ingedien is. (Foto: Verskaf)

Malema en Ndlozi het egter volgehou dat hulle nie kan verbybeweeg nie en het gesê Swanepoel is ontwrigtend. Malema het glo ook gesê: “Ons kan nie ontwrigting duld nie.”

Swanepoel beweer Ndlozi het sy vinger na hom gewys en gesê: “Ons sal jou stamp.”

Swanepoel het vir Ndlozi gevra of hy hom dreig, waarna Ndlozi sy woorde herhaal het.

Ndlozi het glo ook vir Swanepoel tydens die gebeure ’n leuenaar genoem, waarna Malema, Ndlozi en ’n lyfwag van Malema vir Swanepoel omsingel en aanhou skree het dat hy uit die hof verwyder moes word. ’n Polisiebeampte het Swanepoel ondersteun en hom gehelp om van die EFF-lede weg te beweeg.

Swanepoel sê hy het geglo dat ’n aanval op sy persoon moontlik was omdat Malema en Ndlozi juis in die hof was vir ’n aanklag van aanranding.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid wys nou daarop dat ’n dreigement van geweld op ’n persoon se liggaam in die Suid-Afrikaanse reg as aanranding geag word indien die bedreigde persoon glo dat die persoon wat hom of haar dreig die bedoeling en mag het om dié dreigement uit te voer.

Natasha Venter, ’n raadgewer by AfriForum se eenheid, bestempel Malema en Ndlozi se gedrag as skandelik. “Dié twee beskuldigdes – albei politieke leiers wat ’n voorbeeld vir hul volgelinge behoort te stel – is reeds in die beskuldigdebank vir aanranding. Nietemin blyk dit dat hulle hulself weer skuldig maak aan dié misdaad.

“AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan gereed om Malema en Ndlozi sélf te vervolg, aangesien ons nie kan toelaat dat wettelose gedrag soos hierdie ongestraf gelaat word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hoekom ·

Dit moet seker baie erg wees om so minderwaardig te voel dat jy jou soos ‘n kleuter gedra…

Pierre ·

Sal sekerlik niks van kom nie, Malema is mos bo die wet verhewe….

Riaana ·

Vat hulle vas Afriforum, Kom wys ons julle is van better materiaal gemaak as die regering… YOU GO AFRIFORUM… Genoeg is genoeg Malema, jy dink jy is n god, maar daai eer Sal jy nooit beleef want jy is die duiwel jou self!!!!

Misky ·

Dis goed!!!!! Gooi hulle toe onder hofsake en enige ding wat teen hulle kan tel. Dan het hy minder tyd om slinkse planne uit te dink en ons lewe te versuur.

J ·

Mooi so Wico!

“Roer” daai spulletjie!

Kla hulle boonop aan vir ‘crimen injuria’ en rassisme!

Nie Verbaas ·

Die minderwaardige EFF weet dat niks met hulle sal gebeur nie. Sake teen hulle word aanhoudend uitgestel. Die meneertjie sal nog egter eendag in die regte persoon vasloop. Wil dan hoor wat het geword van wat hulle kan duld.

Alta ·

Hoekom is hul nie daar en dan gearesstee r nie? Hul het in n hof openbaar dreigemente gemaak en die polisieman wat teenwoordig was is mos n getuie?

Mariana ·

Malema en Kie is heeltemal te arrogant. Hou nie van ontwrigting nie, regtig?….. Tyd dat hy op sy plek gesit word, hy is te groot vir sy skoene. Sy meesters sal sy toutjies bietjie moet intrek, hy ontwrig die hele samelewing.

Gert ·

Net nog ‘n klag by as Malemmer moet hof toe vir al die klagtes teen hom sit hy ‘n jaar lank elke dag in die hof.

Stefan ·

Die staat sien hulle as klein kindertjies wat nie toerekeningsfatbaar is vir hul patetiese gedrag.
Dis hoekom daar niks van al die goed kom nie want daar gaan mos oproere wees deur die res van die kinders as hulle tog vasgevat sou word.

Tsek! ·

Hier gaan dit nog lekker raak. Malema gaan al die EFF se geld in die hof verloor met sy kinderagtige manewales.

Baardman ·

Jy lyk vir my na n stewige jongman. Waarom het jy nie maar dat hy jou aanvat en hom dan laat les opsê nie

JM ·

Bullebakke! Deug vir niks beter nie. Hulle is bejammerenswaardig. Hoog tyd dat Malema en sy breinlose volgelinge in die bek geruk word!

Piet ·

Agge nee, die hof gaan hom nie aan hierdie beuselagtigheid steur nie. Die ou kon ook maar net opgestaan het sodat hulle kan verbykom.

Dirk Mostert ·

Reg so. Hou daai knape so besig met hofsake dat hulle nie tyd kry vir kattekwaad nie. En dreineer hul beursies in die proses.

Derek ·

Baie dankbaar vir Afriform en almal wie nou opstaan vir geregtigheid, dit is tyd dat SA skoon gemaak word, net jammer die kerk slaap nog. Die Herders wie die skape moet oppas skitter in hul afwesigheid.

quartus ·

Wonder wat moet Julius nog doen om in die tronk te beland. Niks wat hy tot dusver gedoen het het gehelp nie. Hy is al moedeloos

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.