Die appèlhof het Donderdag Regter Ashton Schippers se vroeëre uitspraak in die Wes-Kaapse hooggeregshof dat adv. Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se bevindings nie verpligtend is nie, maar ook nie geïgnoreer kan word sonder oortuigende argumente nie, as verwarrend beskryf.
Schippers se uitspraak het wye politieke gevolge gehad, aangesien die regerende party dit as ʼn argument gebruik het om Madonsela se voorskrifte te verwerp, veral met betrekking tot die Nkandla-sage.
Die Appèlhof het verder bevind mense of instansies wat nie met die OB se bevindinge saamstem nie, nie ʼn soortgelyke ondersoek van stapel mag stuur en dan besluit om die nuwe ondersoek se bevindinge hoër te ag as die OB se bevindinge nie.
Die hof het beslis dat Motsoeneng wel vir 60 dae lank geskors moet word terwyl ʼn tugverhoor vir sy oortredings gehou word, om te verhoed dat hy met die ondersoekproses inmeng. Motsoeneng het die hof genader om te appelleer teen ʼn vroeëre hooggeregshofbevel wat bevind het hy moet geskors word hangende sy tugverhoor.
Madonsela het vroeër beveel dissiplinêre stappe moet teen Motsoeneng gedoen word, nadat sy bevind het dat sy aanstelling onregmatig was, hy buitensporige salarisverhogings ontvang het en oor sy kwalifikasies gelieg het.
Sal daar iets kom van hierdie uitspraak?
Hier kom n lekker party. Wat nou van haar uitspraak oor “pay back the money” kry vir julle ANC
Dis baie belangrik vir daai saak, Bloues. Daar is reeds gese dat Madonsela se gevolgtrekkings slegs dit is: gevolgtrekkings. Nou het die appelhof die teendeel bevestig. Die EFF se aksie is in die konstitusionele hof, wat natuurlik die appelhof se besluit kan omkeer. Dit gaan waarskynlik nie gebeur nie, so eintlik het die SABC reeds een punt teen Zuma vir die EFF se saak gewen.
Zuma gaan of moet betaal, of die hof verontagsaam. Hoor my lied.
Jip daar sal iets van kom. Hy sal geskors word met volle salaris – die nuwe salaris wat hierdie genie homself pas toegeken het. En dan sal hy afgedank word. Mèt ‘n goue handdruk en pension voordele wat bereken sal word op sy nuwe salaris. En dan sal daar maar net ‘n ander ontplooide kader die geleentheid gegee word om by die trog te kom aansit. Nkosi Sikilele i’ Afrika……
Mandonsela vir President!!!
Mandonsela vir President!!!
Like!!!!!
‘n Persoon wat nie deur enige afpersing of simpel sentiment oor oeroue dingetjies anders kan dink nie – die REGTE soort person vir ons land se redding van totale ondergang. Nie alle vroue is reg vir hierdie pos nie, maar ek dink Thuli Madonsela het die regte gesindheid om ‘n puik president te maak.
Ek stem saam met Theresa!!!!! Sy is die regte persoon vir die land se President!!!!!