Bainskloofpas brand

Bainskloofpas brand. (Foto: Verskaf)

Brandbestryders spook tans om ʼn groot brand in die Bainskloofpas in die omgewing van Wellington in die Wes-Kaap te blus. Die brand woed sedert Saterdaglaatmiddag. Ongeveer 261 ha plantegroei het reeds in die slag gebly.

Anesca Roodt, woordvoerder van die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, sê die brand aan die een hang van die berg is tans onder beheer. Brandbestryders spook egter nog om die vlamme aan die ander hang onder bedwang te bring.

Altesame 96 brandbestryders was teen middagete besig om die vlamme te blus. Drie helikopters is ook ontplooi in ʼn poging om die brand te lus.

Die presiese oorsaak van die brand is onduidelik. Roodt het vanoggend gesê ʼn sterk wind was egter besig om die brand aan te vuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.