Die Proteas het vandag die kort eendagreeks teen Engeland beklink nadat Temba Bavuma 109 lopies in Suid-Afrika se suksesvolle lopiejaagtog geslaan het.
Lees meerAlles vir Sondag 29 Januarie 2023
Vermeende seksoortreder weer agter tralies
Lede van die publiek, wat vermoedelik in die media gesien het dat daar na Gerhard Ackerman gesoek word, het Sondag die polisie gekontak.
Barbara Veenemans vier 85 goue jare
En ja, Barbara Veenemans het hierdie huldeblyk deur en deur verdien, syself het immers baie diep spore in ons land se musiekgeskiedenis getrap.
Sharks sorg darem vir glimlagte
Die Sharks was die enigste Suid-Afrikaanse span wat hierdie naweek hul Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd kon wen.
51 sterf in twee tragedies in Pakistan
Minstens 51 mense onder wie tien kinders is Sondag in twee afsonderlike transportongelukke in die weste van Pakistan dood.
Foto’s: Die bootvaart van ’n leeftyd
Clifford Roberts het onlangs op een van Norwegian Cruise Lines se nuutste skepe ʼn onvergeetlike vaart vanaf Ysland meegemaak.
Vrou op plaas in gesig geskiet
“Toe sy uit die badkamer kom, toe loop sy haar vas in ’n aanvaller in die huis.”
Novak is die meester van Melbourne
ʼn Jaar gelede is Novak Djokovic uit Australië gedeporteer. Vandag het hy sy tiende titel in Melbourne gewen.
Só lyk Tshwane se watersituasie
Die vraag na water oortref steeds die aanbod in Tshwane.
Solidariteit vat Eskom aan oor sy teikens
Solidariteit het Sondag syfers, wat glo in Eskom se jongste gelyke indiensnameplan aangedui word, bekend gemaak.
Sewes in Sydney: All Blacks vee Blitsbokke uit hul pad
Die Blitsbokke is Sondagmiddag wreed ontnugter.
Bainskloofpas brand
Altesame 96 brandbestryders spook nou om die vlamme te blus.
Luister: Anton Dekker, juweelstem in Afrikaanse skatkis
Op 13-jarige ouderdom was sy stem reeds sterk en bulderend, net soos dié van sy pa en twee broers, vertel die akteur en stemkunstenaar Anton Dekker in Maroela Media se ateljee.
Vrou se liggaam op strand in Kampsbaai gevind
Dit is nog nie duidelik of dié vonds verbind kan word met die verdwyning van ʼn vrou presies ʼn week gelede in Kampsbaai nie.
Oud-vakadviseur skuldig aan verkragting van kind
Louis Pepping het ná sy skuldigbevinding ongeërg voorgekom en ʼn middelvinger na die media gewys.
ʼn Skoolhoof met ʼn passie vir tennis
Die foto’s teen Nico Coetzee se kantoormure getuig van sy liefde vir die spel. ʼn Klinkklare bewys dat dit nie net die groot sterre is wat buitengewone dinge vir die sport kan doen nie.
Van SA20 tot administrasie: Jacques Faul gesels krieket
“Jy moet die sport dien. Dit is jou werk. As jy nie die sport dien nie, doen jy die verkeerde ding.”
Dubai-gholf: Vonke spat in die woestyn
Die geldryke toernooi (met prysgeld R137 miljoen) loop eers Maandag ten einde.
‘Housewives’ van Pretoria se Rhona: ‘Ek was nog altyd eg’
Rhona Erasmus gesels met Maroela Media oor haar kinderdae as kaalvoetkind van ʼn klein dorpie wat haar voete in die stad moes vind, wat sukses vir haar beteken en haar ervaring op ‘Real Housewives’.
Swaar donderbuie voorspel
Donderstorms sal na verwagting teen Sondagmiddag in dié provinsies begin ontwikkel.