Sharks sorg darem vir glimlagte

Die Sharks vier hul dramatiese oorwinning weg van die huis teen Edinburgh. Foto: Twitter.

Die Sharks kon darem vir plaaslike rugbyliefhebbers ʼn rede gee om te glimlag toe hulle hul man weg van die huis teen Edinburgh kon staan.

Die KwaZulu-Natallers het in die tweede helfte ʼn voorsprong van drie punte danksy ʼn Curwin Bosch-strafskop opgebou, maar hulle moes later bontstaan om die een Skotse aanslag na die ander op hul doellyn af te weer. Maar toe die eindfluitjie uiteindelik ná 86 minute blaas, het hulle as oorwinnaars van die veld gestap.

Die eindtelling was 22 – 19 in hul guns.

Ondanks hul nederlae is die Stormers (tweede) en die Bulls (vierde) steeds die voorste Suid-Afrikaanse spanne op die Verenigde Rugbykampioenskap-punteleer.

Die Sharks is in die agtste plek met 33 punte, maar hulle het ʼn paar wedstryde minder as die ander spanne gespeel.

Die Lions wat met 43 – 29 teen Connacht vasgeval het, is 12de op die punteleer.

  • Puntemakers:

Sharks: Drieë: Grant Williams, Marnus Potgieter en Kerron van Vuuren. Doelskoppe: Curwin Bosch (2). Strafskop: Bosch.

Edinburgh: Drieë: Adam McBurney (2) en Henry Immelman. Doelskoppe: Charlie Savala (2).

  • VRK-punteleer:
  1. Leinster: 61 punte
  2. Stormers: 45 punte
  3. Ulster: 43 punte
  4. Bulls: 40 punte
  5. Glasgow Warriors: 39 punte
  6. Munster: 37 punte
  7. Benetton: 34 punte
  8. Sharks: 33 punte
  9. Edinburgh: 31 punte
  10. Connacht: 30 punte
  11. Cardiff: 29 punte
  12. Lions: 24 punte
  13. Ospreys: 24 punte
  14. Scarlets 22 punte
  15. Dragons: 18 punte
  16. Zebre: 5 punte

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

piet ·

Lyk my Leinster is die Crusaders van hierdie kompetisie. Te betwyfel of hulle sommer weer in die uitspeelfases gaan vasval in Ierland soos verlede jaar. Heel onwaarskynlik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.