Solidariteit vat Eskom aan oor sy teikens

(Argieffoto)

Solidariteit hou vol Eskom wil voor 2025 van honderde wit mans in die kategorie van geskoolde en akademies gekwalifiseerde werkers ontslae raak – van 494 om presies te wees.

Solidariteit het Sondag dié syfers, wat glo in Eskom se jongste gelyke-indiensnemingsplan aangedui word, bekend gemaak.

Luidens dié syfers is daar tans 1 873 wit mans in Eskom se diens, maar volgens Eskom se teikens wil hy die getal na 1 379 verminder.

(Tabel: Verskaf)

(Tabel: Verskaf)

Die bekendmaking van dié syfers volg nadat Eskom Vrydag in ʼn verklaring sy versekering gegee het “dat daar geen planne is om werknemers af te lê, ongeag hul geslag of ras nie”.

Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê nou dié verklaring “is moedswillig en, wat die feite daarvan betref, totaal verkeerd”.

“In plaas van die feite ontken en verbloem moet Eskom eerder die planne stop. Hierdie groep is oorwegend verantwoordelik vir onderhoudswerk by Eskom. Dit is die werknemers met die vaardighede wat nou tot elke prys beskerm en behou moet word.”

Eskom het Vrydag in reaksie op berigte oor sy beplande afleggings gesê hy is tans besig met interne samesprekings oor diensbillikheid met vakbonde, wat onder meer poog om inligting vir korrektheid te verifieer, insette oor teikens te versoek en die vereiste regstellendeaksiemaatreëls te bespreek.

Die kragvoorsiener het voorts gesê dit is “opportunisties en onprofessioneel” van Solidariteit, of enige party wat deel is van die vertroulike interne konsultasieproses, om “onnodige paniek en vrees te veroorsaak, asook sensasie onder personeel en in die media te skep voordat die interne proses afgehandel is”.

“Niemand, en beslis nie Solidariteit nie, het gesê mense gaan afgelê word nie,” sê Hermann nou. “Aflegging as metode om rasseteikens te bereik, is onwettig. Werkgewers maak gebruik van aanstellings, bevorderings en vervreemding om by hul teikens uit te kom. Eskom moet verduidelik hoe hy by sy absurde teikens wil uitkom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Hasie ·

Eskom is kla bankrot nou wil hul nog van mense ontslae raak wat werk .Wat gaan oorbly van Eskom … ? Dit domheid op sy beste

TruthDealer ·

Niemand kan tog seker So dom wees nie. Hierdie lyk vir my “aspris”, n opsetlike poging om n totale grid failure aan te help of te bespoedig. Want gedoriewaar as hierdie nie domgeid of psigopatiese rassisme is nie, is dit aspris.

Harley Davidson ·

Hoekom kan hier verwys word na wit mans maar as dit by die vorige plaasaanval kom waar die vrou van Brits in die gesig geskiet is word geweier om die verdagte te identifiseer?

Hendrik ·

Dis mos rasisties as jy hulle ‘label’ maar as hulle dit met jou doen is dit hulle ‘reg’

Danie ·

Nee laat hulle klaar maak dan begin ons n krag voorsiener met personeel wat wil werk en die land se vooruitgang gaan verseker. Ek dink dis tyd om Eskom bietjie kompetiese te gee. Laat die mense van ons land sien wat moontlik is. Die BBE nonsens moet nou end kry

Jaco ·

Die lede van Solidariteit by eskom het laasjaar saam gestaak toe al eskom se werkers 7% salarisverhoging wou hê. Nogal “ons eie mense” …. Na uiters ontwrigtende beurtkrag het hulle toe die 7% gekry, maar teen watter prys? Beurtkrag hou net aan en aan en eskom tariewe styg binnekort met 19%.
As jy wit is in dié simpel anti-wit SA en jy het wel werk, klou dan vas daaraan, doen wat van jou verwag word, bly stil oor wat jou pla en moenie staak nie. Wat het die staking nou eintlik solidariteit se lede by eskom gehelp? 7% meer salaris, maar 494 van hulle gaan afgedank word.

Agie@toeka ·

Vir wat wil hulle die wit mense afsit as daar “foreign nationals” is? Laat hulle eers loop die mense wat hier gebore is moet hulle werk behou! Rassissme op sy beste!!

annie ·

Volgens Cyril gaan ons vir nog veertig jaar dieselfde styl by Eskom sien plus nog dwaashede. Gaan ons almal nou ook vir die volgende vier dekades dieselfde treurmares uiter? Eintlik toi-toi ons net met die vingers. Ons kan nie meer as dit waag nie. Dit is wat van ons oorgebly het. Ons het dit self gedoen.

Stofdonkie ·

Die getalle onder “foreign nationals” is skokwekkend. In ‘n land met ‘n werkloosheidsyfer so hoog soos SA s’n dink ek nie dis gesonde ekonomiese beplanning om dan soveel buitelanders in diens te neem nie. Ons land se eie mense gaan dood van die honger maar ons wil sorg vir ander

domheks ·

Sal NOOIT erken nie, zuptas het voorbeeld gestel – altyd onskuldig.

Linda ·

Goeiedag
Die totale van die syfers in die laaste kolom van die 2de tabel maak nie sin nie — dit moet lees 2 en 18 991. Hierdie is nie ‘n genadige struktuur nie, wel ‘n uiterste `top-heavy’ een!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.