Vrou se liggaam op strand in Kampsbaai gevind

Kampsbaai (Foto: big10photo.wordpress.com)

Die liggaam van ʼn vrou is Saterdag op die strand in Kampsbaai gevind.

ʼn Verbyganger het die liggaam in die vroeë oggedure op die strand opgemerk en die polisie ontbied.

Dit is egter nie duidelik of dié vonds verbind kan word met die verdwyning van ʼn vrou presies ʼn week gelede in Kampsbaai nie.

Maroela Media het toe berig ʼn middeljarige vrou het verlede Saterdag omstreeks 20:30 in ʼn wit bikini gaan swem, maar ooggetuies het nie gesien dat sy weer uit die water kom nie. ʼn Strandhanddoek, ʼn rok,’n sak met persoonlike besittings en ʼn hoed wat vermoedelik aan die vrou behoort is later op die strand gekry.

Daar was egter niks in die sak wat die vrou kon identifiseer nie.

Ao. Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, sê nou die vrou wat vandeesweek op die strand gevind is, is deur paramedici op die toneel dood verklaar. ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen en die omstandighede rondom haar dood word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lillian ·

Sal mens nou wonder of dit selfmoord, moord of net ‘n ongeluk was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.