Vrou verdwyn by Kampsbaai

Kampsbaai (Argieffoto)

Die polisie krap kop oor ʼn vrou wat Saterdag by Kampsbaai in Kaapstad verdwyn het.

Volgens ooggetuies het die middeljarige vrou omstreeks 20:30 in ʼn wit bikini gaan swem, maar hulle het nie gesien dat sy weer uit die water kom nie.

ʼn Strandhanddoek, ʼn rok,’n sak met persoonlike besittings en ʼn hoed wat vermoedelik aan die vrou behoort, is op die strand gekry.

Volgens kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, was daar niks in die sak wat die vrou kan identifiseer nie.

“Niemand het haar ook as vermis aangemeld nie,” sê hy.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), sê die NSRI se Bakoven-bemanning is omstreeks 23:00 na die strand ontbied waar hulle die polisie met ʼn soektog na die vrou gehelp het.

“Tot op hede is daar nog geen teken van die vrou nie,” sê Lambinon.

Enigiemand met meer inligting oor waar die vrou haar bevind, kan die Kampsbaai-polisiestasie by 021 437 8150 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel, of die NSRI se noodnommer by 087 094 9774 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie ·

Dit klink nie goed nie wat kan n mens verder verwag in SA rakende ontvoerings.Hoop nie dit speel in n hartseer situasie af nie.

Hennie Biebouw ·

Mense wat kan, maw mense wat by die see woon of bly op daai stadium.
As kinders het ons gereeld na sononder in die see geswem. Beslis nie ‘n rare verskynsel nie.

KlipRSA ·

Dit is somer hier, en teen 21:00 is daar nog meer as genoeg lig om te gaan swem…

Nommer 7 ·

Soos Ingrid Jonker in die nag van 19 Julie 1965. Tragies. RIV

piet ·

Ingrid Jonker se gees.. Snaaks, ek het ook eerstens aan haar gedink.

Casper ·

Daar is talle dinge wat kon gebeur het.Is daar voetspore.Hulle het haar sien in die see ingaan maar nie sien uitkom nie.Het sy verdrink,is sy ontvoer en lewe dalk nog of ‘n haai aanval.

Lillian ·

Nie ‘n goeie teken nie…. Wonder wat het v haar geword

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.