Vermeende seksoortreder weer agter tralies

Gerhard Ackerman (Foto: Twitter)

Gerhard Ackerman is vandag (29 Januarie) in hegtenis geneem kort nadat ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is.

Lede van die publiek, wat vermoedelik in die media gesien het dat daar na Ackerman gesoek word,   het hom vroeër vandag in Florida, Johannesburg opgemerk, aangekeer en die polisie ontbied.

Ackerman staan tereg op 740 aanklagte van verkragting, poging tot moord, die verspreiding van kinderpornografie, mensehandel en seksuele aanranding.

Ackerman se verhoor het verlede Maandag begin, maar hy het Dinsdag versuim om vir sy hofverskyning op te daag. Ackerman was glo siek, maar het ook versuim om ʼn doktersbrief aan die hof te verskaf.

Die ondersoekspan het vinnig opgetree en na sy woonplek gegaan toe hulle besef dat hulle Ackerman nie in die hande kan kry nie. By hul aankoms het hulle gevind dat hy uitgetrek het en al sy roerende bates verkoop het.

ʼn Lasbrief vir sy inhegtenisneming is daarna uitgereik.

Ackerman word daarvan beskuldig dat hy en adv. Paul Kennedy ʼn kindersekshandel-sindikaat bedryf het. Kennedy het intussen sy eie lewe geneem.

Ackerman het na bewering saam met Kennedy gewerk in ʼn beweerde sindikaat wat jong seuns gelok het waarna hulle na bewering seksueel aangerand, verkrag en aan pornografiese materiaal blootgestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hasie ·

Dit is omdat die verhoor uitgestel word .Vonnis die man en stuur hom tronk toe as om hom weer toe te laat om vry te lewe .Borgtog vir sulke oortreders moet weg gewys word

Chris ·

Lewer hom uit aan die slagoffers se familie om sy lot te beslis. Hy Hy verdien nie om in die tronk vakansie te hou nie.

TRP ·

Ek stem saam, genade dit is mos ‘n ernstige oortreding, hoekom is borgtog eerstens toegestaan. Ons stelsel is lagwekkend.

Yvonne ·

Mag geregtigheid geskied……tragies vir sy slagoffers….my bede dat hulle al die trauma kan oorkom

Henry ·

dit is gerieflik om siek te wees as jy in die hof moet wees. dalk moet die howe voortgaan as persoon kamstig siek is.

Wielspore ·

Gedurende my twee jaar van diensplig as 17 (en 18) jarige seun het ‘n manlike staandemag lid op LMB Ondangwa vir my, in plaas van ‘n klem die kaak inspuiting, ‘n slaap inspuiting gegee. Hy het my verkrag terwyl ek geslaap het, ek as troep was te bang om ‘n saak teen hom as ‘n majoor te maak.

Elmarie ·

Ai man, dis verskriklik. Jy móét probeer hulp kry. Jy kan nie jou lewe lank rondloop met die seer nie

Steffer ·

Net R6000 borgtog vir meer as 740 aanklagte…dit sê baie van ons regs stelsel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.