Vrou op plaas in gesig geskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: Heritage Protection Group)

ʼn Vrou van Noordwes is Sondag in ʼn kritieke toestand in ʼn hospitaal opgeneem nadat ʼn aanvaller haar in die vroeë oggendure in haar gesig op ʼn plaas in die omgewing van Brits geskiet het.

Die vrou en haar tienjarige seun huur die plaashuis. Die seun is ongedeerd, maar geweldig getraumatiseer.

Kol. Adele Myburgh, woordvoerder van die polisie, sê die 45-jarige vrou was omstreeks 05:00 in die badkamer. “Toe sy uit die badkamer kom, toe loop sy haar vas in ʼn aanvaller in die huis.”

Die aanvaller het glo dadelik deur ʼn venster op die vlug geslaan en die vrou is agterna om die venster toe te maak. Dit is toe dat daar ʼn skoot van buite op haar afgevuur is.

Die vrou is in die gesig gewond en na ʼn hospitaal in Brits gehaas. Sy is intussen na ʼn ander hospitaal oorgeplaas vir mediese behandeling.

Die polisie kon in die stadium nóg met die vrou nóg met haar seun praat om meer inligting rakende die voorval in te win.

Niemand is ook nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie doen nou ʼn beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by sers. Lucky Tapala by 076 858 3078 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Hasie ·

Hoekom kon die polisie nie solank begin met forensies nie ….of wag hul vir IEMAND om die werk te doen solank dit nie hul is nie ?

Stofdonkie ·

Die vrou is natuurlik blank en dit pas in die anc-polisie se agenda dat sy aangeval moes word. Hulle wil nie te veel forensies doen nie, nou-nou vang hulle perongeluk die plaasaanvaller. Die plaasaanvaller doen goeie werk vir die anc en eff, hulle sal hom eerder ‘n toekenning gee as wat hulle hom sal vang

Christine ·

Hoop die vrou se gesig sal mooi herstel. Mense op plase moet sorg dat daar stewige sekuriteit voor deure en vensters is, veral in die hitte waar ons als laat oopstaan.

Kerrie ·

Hoe bly jy nog in ZA maar jy besit en dra nie n vuurwapen vir selfbeskerming nie….gaan my te bowe.

Nicolene ·

Ek is ‘n naweekboer sonder ‘n vuurwapen. Maar ek het veiligheidsmaatreëls in plek – diefwering voor elke venster en deur, en twee elektriese heinings. Soms is dit nie prakties moontlik om ‘n vuurwapen by jou te hê nie.

Papsak ·

Ja is reg jy moet vuurwapen he as jy op plaas bly maar nou wat moet ons doen al ons vuurwapens is dan weg gevat hoe moet jy jou beskerm sy n vrou alleen sterkte glo jou gesig sal reg kom

Eugene ·

Hoedman en Sy trawante, beskerm misdadigers, terwyl die slagoffers self moet opsnork.

TruthDealer ·

As die aanvaller deur die venster op vlug geslaan het, beteken dit daar was nie diefwering nie? Ai mense..ons woon nie in Switserland nie. Ten minste veiligheidshekke en diefwering, Veral op n plaas of plot. Ek hoop die dame herstel goed en die seuntjie kry berading.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.