Die liggaam van ʼn man in sy 80’s is Saterdagaand in ʼn swembad in Vanderbijlpark gevind.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hulle is uitgeroep na die toneel. Hulle het die man aangetref waar hy met sy gesig na onder in die water gelê het.
“Dit was duidelik dat die man al geruime tyd dood was. Daar kon niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.
Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie.
Die polisie ondersoek die saak.
Sjoe is tragies
Hoe laat jy so’n ou mens alleen by n swembad..
Alida, dis ‘n ou mens. Nie ‘n kind nie. Miskien sy balans langs die swembad verloor en kon nie weer uitkom nie.
Dalk ingestamp?
Ai Leonorah, wie sal dan ‘n weerlose ou mens van 80 in ‘n swembad instamp en wegstap sodat hy kan verdrink?
Dalk was hy soos ek, voel sommer of ek hartaanval kan kry as ek in koue water moet in. Solar verwarming vir my, dankie.