Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die vrou se liggaam is Vrydagmiddag in die puttoilet, wat sowat 500 m van haar woning af is, gevind. Die vrou is die laaste keer op 29 April lewend gesien.
Volgens Mokgwabone het gemeenskapslede vermoed dat die vrou vir moetie vermoor is en het haar 30-jarige kleinseun gekonfronteer oor haar verdwyning. “Die kleinseun het glo aan hulle gesê ’n 50-jarige kroegeienaar is verantwoordelik vir sy ouma se verdwyning. Die man se kroeg is glo hierna afgebrand en daar is drank gesteel.”
Mokgwabone het gesê drie mense is in hegtenis geneem in verband met die afbrand van die kroeg. Hy het ook gesê geen van die bejaarde vrou se ledemate is verwyder nie. “Die gemeenskap word versoek om kalm te bly, nie reg in eie hande te neem nie en die polisie kans te gee om sy ondersoek te doen.”