Bejaardes op NW-plaas aangeval

Die polisie en paramedici by die egpaar se huis. Foto: Verskaf

ʼn Bejaarde egpaar is Woensdagoggend op hul plaas in Noordwes aangeval, aangerand en beroof.

Francois Olivier, verbonde aan die Magalies-Oos-radiogroep wat op die toneel was, het Donderdag aan Maroela Media gesê die egpaar, Boet en Jessie Pienaar, is omstreeks 07:30 op hul plaas in Buffelsfontein buite Marikana deur twee verdagtes oorval.

“Jessie is die oggend na die kraal toe om vir hul beeste oop te maak. Die verdagtes het haar by die kraal ingewag nadat hulle toegang tot die plaas gekry het deur die draadheining te knip,” het Olivier gesê.

Die aanvallers het Jessie en die egpaar se vyf rifrughonde aangerand. Boet is in die huis oorval en aangerand. Hy is daarna gedwing om die kluis uit te wys, waarna die egpaar met gordels vasgebind is.

Die aanvallers het met geld wat in Boet se beursie was, drie vuurwapens, sonpanele en selfone van die toneel gevlug. Jessie het later ʼn skêr gebruik om Boet se hande los te maak, waarna hy haar losgemaak het.

“Die radiogroep is omstreeks 09:00 geaktiveer nadat hul bure daarna hulp ontbied het. Met ons aankoms op die toneel was die egpaar erg getraumatiseerd. Jessie moes na die Brits-hospitaal geneem word vir behandeling. Boet wou nie hospitaal toe gaan nie. Jessie is Woensdagmiddag reeds ontslaan en is terug by die huis. Sy het beserings aan haar voorkop en ribbebene opgedoen. Boet is in die gesig geslaan.”

Die egpaar se honde is nie ernstig beseer nie en was kalm toe hulp daar opdaag.

Sers. Kelebogile Moleko, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag die voorval aan Maroela Media bevestig. Sy het gesê een van die verdagtes was met ʼn vuurwapen gewapen en het dit glo op die slagoffers gerig. Volgens die polisie is die slagoffers met vuiste en oop hande aangerand.

Die Marikana-polisie ondersoek ʼn saak van huisroof. ʼn Soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die aanval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Chris Ws ·

Ai tog ,nog mense wat nie paraat was nie.Eks net baie bly hulle is ongedeerd.Maar nou’s daar nog 3 vuurwapens in terroriste se hande!
En die 5 rifrug honde is nie hul kos werd nie.As hulle myne was het hulle nou ”two steps” gekry!
Wanneer gaan plaasmense/boere begin om paraat te wees?Lees hulle nie koerante en luister hulle nie na enige nuus op ‘n radio nie?
Situasies soos hierdie kan verhoed word.

Alida ·

Chris Ws, het jy jou wapen aan jou as jy soggens werk toe ry waar hy ookal bly of werk? Hou op om allewig klippe te gooi. Dit hoort nie so in die land nie. Mense word in stede en dorpe ook aangeval en almal het nie wapens byderhand nie.

**anoniem** ·

Chris WS, ek hoop van harte nie jy het diere (honde) nie. Dit is baie wreed om ‘n hond te wil doodmaak (en nogal met twostep wat ‘n hond ‘n wrede dood laat sterf) net omdat hy nie die booswigte wou doodbyt nie. SIES VIR JOU!!! En aan die oom en tannie, ek hoop julle herstel spoedig!

Wollie ·

Ja Alida!!!! ons boere dra ons wapens elke dag by ons. self as ons kerk toe gaan!!!!! ek dink die ouer mense dink dat dit nie met hulle sal gebeur nie!!! as jy n hond wil he wat jou moet oppas KRY dan die regte een!!!

Claudia ·

So Ws, jou sou jou eie honde vergiftig het?!!! Met two step!! Woh, diere is, sover my siening, beste vriende, en myne is my kinders. Jy praat van moord!

Haan ·

Bly om te sien Wollie praat darem sin. Want die feit bly staan die oumense dink dit is nog soos in die oudae en intussen bewapen hulle die aanvallers met hul weersin om hulself paraat te hou. By voorbaat dank maroela dat julle na die derde probeerslag (hopelik) my kommentaar geplaas sal hou

Karma ·

@Chris Ws – jy is nie eienaarskap van ENIGE dier werd nie. Gaan jy jou kind gif ingee as hy/sy iets ernstig aangevang het? Ek hoop nie so nie – so, hoekom sal jy jou honde gif ingee omdat hulle jou nie kon beskerm nie? Het jy al daaraan gedink dat die honde almal op die een of ander manier tydelik buite aksie geplaas kon wees? Bv. deur Doom in hul gesigte te spuit of ‘n skokstok of pepersproei te gebruik? ‘n Hond kán nie altyd sy/haar eienaar beskerm nie, want hulle is fisies maar net so blootgestel soos ons.

Maar kyk ook na die huis hier ter sprake – so oop soos wat oop maar kan wees. Dit lyk nie asof daar diefwering is nie, laat staan nog elektriese heining om die huis self. En ‘n vuurwapen is ook geen waarborg dat jy skotvry gaan kom nie. Kyk maar na die gevalle waar boere die afgelope tyd aangeval en beroof is: hulle soek vuurwapens, geld, selfone ens. (geen goed soos platskerm TV’s, nie). Wetgewing vereis dat jy jou vuurwapen aan jou lyf dra – indien nie, moet dit in ‘n kluis weggesluit wees, Wat help ‘n vuurwapen, wanneer dit weggesluit is en jy word aangeval in die middel van die nag, huh?

Chris Ws ·

Alida,ek en my vrou is pensionarisse en woon op ‘n plaas en ja ek en my vrou slaap met ons wapen in die bed by ons en dra on wapens heeldag aan ons.

**Anoniem** jy het duidelik geen kennis van ”two step” nie.Hy maak onmiddelik dood.

Claudia,as dit by my of my vrou se lewens kom tel ‘n hond nie.Jammer.

Karma,ek het nie eers enige gif nie so dit sal in my geval ‘n skoot deur die kop wees.Mits ek geen versagtende omstandighede kan raaksien nie bygese.Ons hond slaap binne in die huis in ons slaapkamer en is vir ons baie werd.Ons boer nie so beweeg bedags buite rond op ongereelde tye.Geen roetiene nie.
Dis vir my duidelik hier is heelparty kommentaar leweraars wat NIE op ‘n plaas woon nie!

Veronica ·

Step One : Die heining is geknip
Step Two : Die honde is dalk iets ingegee voor die tyd
Step Three : Die Ouerpaar leef na als
DANKIE HERE VIR U GENADE OOR HULLE
Final step : BID dat hulle gevang word . . . betyds

Naomi ·

Chris. Nou hoe de hel dink jy moet die beeskraal oop gemaak word as iemand nie daarheen loop om dit te doen? As jy n boer was/is sou jy seker masjiene gehad het wat die koeie melk. n Spesiale masjien wat die mis optel, n remote hek om die beeste oop te maak of minstens plaaswerkers wat dit kon doen en en en. Jy praat van paraatheid. Dit is bejaarde mense, maak nie saak watse wapens hul by hul dra, hul gaan oorval word en waarskynlik met hul eie wapens vermoor word. As jy oud en vol rumatiek is, sal jy sien al is jy met watookal bewapen jy staan nie n kans teen jong mobiele krimenele nie. O ja, amper vergeet ek dat jou plaas omhein sal wees met elektriese heinings wat nie geknip kan word.

Cor ·

Netso Naomi hy het natuurlik ook robotte wat alles op sy plaas doen en hy sit in n fort, beheer alles van binne af op kameras en radar, dan is daar ook n helikopter landings blad 30 meter hoog en en hy is on aantasbaar maar paraat.

Chris Ws ·

Naomi jy kan my niks vertel van boerdery af nie.Ek en my vrou is pensionarisse wat by haar ouers op hul plaas bly juis om die oumense te help beskerm so jou sarkasme val op dowe ore!

Annie ·

En na alles wat hulle deur is – is niemand nog in hegtenis geneem nie – elke dag dieselfde storie oor en oor. Nooit hoor mens as hulle wel gevang word nie – ja want hulle word nooit gevang nie. Hierdie land is korrup !!!!!!!!!!!!

Veronica ·

Plase is van die moeilikste plekke om te beveilig in so n mate dat niemand onregmatig dit kan betree nie .
Maar iets moet drasties gedoen word om PLAASMOORDE TE STOP!!
1. Wat van iets wat ontwerp kan word vir wapens wat maak dat jy n kode moet sê met jou
stem
voor jy kan skiet . Maw die wapen sal net geaktiveer kan word op jou stem, so al word hy
gesteel beteken hy niks
2. Dan kan die regering die ouens in ons oorvol tronke gebruik , die wat besig is met
rehabilitasie om op n roterende wyse Plase landwyd te bewaak dag en nag! Hulle kan op
meriete die werk doen , so as hul skelms vang op plaas of hulle wond of kan doodmaak
voor hulle die boere vermoor dan kry hul afslag op hul gevangediens in tronk! Hul eet en
slaap nogsteeds in tronk so hul werk net 4-6 ure voordat die skofte geruil word.
3. Dan moet daar n wagtoring aangebring word op elke liewe Plaas met wagte binne in met
spreiligte
Enige ander voorstelle?????

Charmaine ·

Ja stem saam by al hierdie berigte selfde storie niemand nog in hegtenis geneem nie is dit rêrig so of is dit omdat hulle nie omgee vir mense op plase nie

Adele ·

Huisroof? Dis aanranding met die doel om ernstig te beseer en poging tot moord!!! Ek is seker die Animal protection act het ook n paar klousules wat hier van toepassing is!!!!

Isabel ·

Hiekom is dit net n huisroof. Dis n GEWAPENDE ROOF MET DIE DOEL ON ERNSTIG TE BESEER.
Ons was ook in n gewapende roof. Toe die polisie die saa ondersiek toe is dit ne huisroof. Volgens die polisieman krap dit hulle statistieke deurmekaar as dit ss gewapende roof asngeteken word. Land is in n GROOT gemors. Sterkte aan die egpaar. Ons bid vir julle.

Kyk ·

Kyk na die huis. Lyk dit of die mense geld het? Geld vir beter sekuriteit? Geld om te steel?!

blom ·

Dankie dat die ou mense darem ongedeerd daarvan afgekom het. En om honde te vergiftig net oor hul jou nie beskerm nie, is absurd, hulle is ook bang soos die eienaar. Ons kan net bid vir elke liewe persoon se veiligheid in hierdie land!

Petro ·

Waarom woon die bejaardes nog STEEDS alleen op die plase? Dit terwyl daar honderde blanke afrikaners is wat geen heenkome het nie? Waarom nie blyplek aanbied vir iemand wat geen blyplek het nie en wat kan help om die plase te beveilig nie? Jy hoef geen salaris te betaal nie… Solank jy net veilig is? Wonder maar net of dit nie n goeie idee is nie…

Janine du Plessis ·

Ons neef, Herman du Plessis en sy vrou is verlede week op hul seun se plaas 50 m van sy seun se huis af, op min of meer dieselfde manier aangerand en beroof. Toe die polisie opdaag, het hulle die hele huis volgeloop met video-kameras, maar geen vingerafdrukke geneem nie. Ek stel voor boere plant landmyne rondom hul heinings. Hierdie 3 kalante het soos wildsbokke oor ‘n 2m hoë hek gespring. Kan Olimpiese hoogspringers word i.p.v. misdadigers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.