Die bekende Amerikaanse televisiereeks, The Voice, wat voornemende sangers ʼn geleentheid gee om voor ʼn paneel bekende sangers te sing, gaan nou ook ʼn Suid-Afrikaanse weergawe kry.
The Voice SA sal in Januarie 2016 op Mnet begin. Die televisiereeks gee Janalleman die kans om deur een van vier gewilde sangers gementor te word. Wat dié reeks so gewild maak, is die mededinging nie net tussen deelnemers nie, maar ook tussen die vier mentors wat elkeen die beste sanger wil oplewer. Dié vier mentors is vroeër vandag bekendgemaak. Bobby van Jaarsveld, Karen Zoid, Kahn Morbee (hoofsanger van The Parlotones) en sangeres, Lira, sal as mentors aan die gewilde televisiereeks deelneem.
Oudisies vind op 17 en 18 Oktober in Kaapstad by die Newlands-stadion plaas,
op 25 en 26 Oktober in Durban by die Kingspark-rugbystadion en op 31 Oktober en 1 November in Johannesburg by Mark’s Park.
Besoek gerus Mnet se webwerf vir meer besonderhede.
Moes dit by kyknet uitgesaai het. Die SA Idols het geen wit kind ooit weer kans om te wen nie, Vir die simpel rede ons het nie genoeg mense om te stem nie. Nou het dit n swart Idols kompetisie geword.
Dankie tog, ek hoef nie na die Bollie met Bobby van Jaarsveld, Kate Zoid en die ander klomp op Kyknet te kyk nie. Ons is gespaar van die gemors.
@Johan. Stem saam. “Jukebox” is erg genoeg, en vir een of ander rede is “Jukebox” ‘n gewilde program. Wys jou…smaak verskil, so ook goeie oordeel.
Ja-nee Johan, ek stem volkome saam. Dit is nou al só erg dat jy eers die radio afsit voor jy die toilet besoek want as die gemors ‘gesing’ word terwyl jy ‘geanker’ sit is dit die grootste foltering denkbaar as jy die gekerm nie kan stilmaak. Jammer Maroela, indien julle aanstoot neem maar dit is nou ten enemaal die waarheid.
Dit is veelseggend dat Steve Hofmeyr nie as mentor benoem is nie alhoewel hy by verre die beste manlike sanger in SA is of is hy nie polities korrek genoeg vir die aanbieders nie.
YYYYYYYYEEEEEESSSSS 4 baie goeie mense gekies om dit een baie goeie program te maak van die beste in ons land ek sou ook van Steve gehou het en het al 3 jaar terug opgehou Idols kyk so ek kan so nie wag nie……………………Ek hoop dit word op Kyknet uitgesaai anders sal daar weer baie te se wees…………….ons blanke Idols wat gekies is voorheen het almal baie groot sukses gehad van A – Z so Johan kyk jy maar Idols en ons sal The Voice op Kyknet kyk………………
So ver my kennis strek is The Voice nie Amerikaans nie, maar Nederlands
Pharell, Christina, Adam en Blake is van Nederland? Hehehehehe……
The Voicee is inderdaad ‘n Nederlandse program. Dit is deur John de Mol van Talpa geskeep en geproduseer.
Wil die vervaardigers wat die mentors gekies het nie sommer ook ‘n poësie slypskool reël met Jack Parow aan die stuur nie? Noudat hulle so goed op dreef is om Afrikaans nogmaals te vergat. Miskien kan hulle vir ons ‘n Afrikaanse weergawe van Next Top Model ook maak met Worsie van Vetkoekpaleis as mentor.
Niemand om die opera kategorie te verteenwoordig nie? Wat van Zanne Stapelberg? Daar is nooit ‘n platform vir hierdie opkomende sangers nie ….. wel nie vir blankes nie.