Twee gelukkige lesers kan elkeen ʼn dubbelkaartjie wen na Karen Zoid se vertoning in Oktober in Amsterdam, Nederland.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "Karen Zoid"
Video: SA krieketheld, gewilde rockmusikant en jeugkoor sing saam
“Vir my is dit ʼn liedjie oor uithouvermoë, spanwerk en karakter. Dit laat my dink aan al die uitdagings wat ons in Suid-Afrika in die gesig staar.”
President Karen slaggereed om weer Zoid-kabinet in te huldig
Die sesde seisoen van dié gewilde reeks begin vandag (Donderdag) op kykNET uitsaai.
Karen Zoid gesels weer eersdaags op kykNET
Van die bekendes wat in Zoid se Republiek aantree, sluit in Derek Watts, Denise Newman, AB de Villiers, Nico Panagio, Spoegwolf en Elandré.
Luister: Karen Zoid se grootste konsert nóg
“Dis nogal ʼn storie om so ʼn groot konsert aanmekaar te slaan, maar dis twee jaar later en ons is binnekort op die verhoog in Pretoria.”
Karen Zoid: ʼn President soos geen ander
Sy’s die president van die Republiek van Zoid Afrika, maar sy’s gʼn gewone president nie: buite die hotel wag geen bloulig-brigade nie en sy het boonop reeds geleer oor vergifnis en aanvaarding.
Vyfde seisoen van ‘Zoid Afrika’ binnekort te sien
Die splinternuwe seisoen van Die Republiek van Zoid Afrika is eersdaags terug op die kassie. Kyk hier watter bekende gaste kom kuier op Zoid se rusbank.
[Video] Bekendes staan saam teen plaasmoorde
“Ek is ʼn boer. ʼn Vriend. ʼn Man. ʼn Pa. ʼn Mens. ʼn Spanmaat. Ek is Suid-Afrikaans. Kom ons staan saam teen plaasmoorde, asseblief.”
Opwindende nuus vir Karen Zoid-aanhangers
“Met hierdie liedjies het ek besluit om die eerste paar liedjies wat ek skryf net te voltooi en dadelik op te neem. Ek wil die oomblik vasvang al weet ek dis onmoontlik.”
Gewilde sangers sluit aan by ‘The Voice SA’
Vier gewilde Suid-Afrikaanse sangers sluit eerskomende Sondag as mede-beoordelaars aan op ‘The Voice’.
[Video] ‘The Voice SA 2’: Kykers gaande oor oud-Puk
Kykers was veral beïndruk met Marco Basson, ʼn voormalige chemiese ingenieurswese-student aan die Noordwes-Universiteit, wat daarin kon slaag om al vier die beoordelaars se stoele om te draai met sy weergawe van Nick Jonas se liedjie “Jealous”.
Video: “Karoonag” kry nuwe lewe op Zoid Afrika
“As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld, en die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê; as die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes, en die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet…”
Video: Zoid en Nicholis Louw maak nóg ʼn treffer
Die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid het Dinsdag nóg ʼn treffer op haar kerfstok gekry toe sy die liedjie “Teardrop” saam met Nicholis Louw in haar geselsprogram, Republiek van Zoid Afrika, gesing het.
[Video] Nuwe asem vir Koos Kombuis-treffer
Karen Zoid het Dinsdag vir Koos Kombuis ʼn nuwe jas aangetrek. Die troebadoer maak al vir byna drie dekades musiek en is bekend vir liedjies soos “Lisa se Klavier” en “Bicycle sonder ʼn Slot”.
Video: Lira-treffer kry nuwe lewe in Zoid Afrika
Dit was tien jaar gelede toe die sangeres Lira opslae in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het met haar liedjie “Feel Good”. Dié liedjie het haar ʼn bekende stem op radiostasies gemaak. Nou het sy en die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid wéér vandeesweek beïndruk met hul nuwe weergawe van dié liedjie.
Video: Zoid bring hulde aan Johannes Kerkorrel
Die gewilde rock-sangeres en presidentsvrou van die Republiek van Zoid Afrika, Karen Zoid, het Dinsdag hulde aan Johannes Kerkorrel gebring toe sy en die oorblywende lede van die Gereformeerde Blues Band, een van Kerkorrel grootste treffers, “Ons ry ’n BMW”, gesing het.
Coenie de Villiers: Nuwe album ‘eerlik, persoonlik’
Coenie de Villiers se jongste album, Emoji, neem jou behoorlik op reis. Hy wek nie net emosie met behulp van sy lirieke en melodieë nie, maar verplaas jou as’t ware op ʼn emosionele vlak.
Video: ‘Jy soen my nie meer nie’ herleef op Zoid Afrika
Dis byna ʼn dekade gelede dat Lianie May se treffer “Jy soen my nie meer nie” een van die redes was waarom dié plaasmeisie ʼn pop-sensasie geword het. Dié liedjie het egter Dinsdag nuwe lewe gekry in die jongste episode van Republiek van Zoid Afrika en ʼn verwerking daarvan, deur Lianie en Karen Zoid, pronk weer bo-aan die iTunes-trefferslys.
Video: Karen en ‘The Voice’-deelnemers snoer kragte
Die presidentsvrou van die Republiek van Zoid-Afrika, Karen Zoid, het Dinsdagaand saam met Almur Marais en Thembeka Mnguni, haar deelnemers van The Voice, behoorlik die dag gelig met hul weergawes van “Vloek van die kitaar” en “Thunderstruck”.
Video: Nóg ʼn toptreffer vir Zoid en Riana Nel
Die Afrikaanse rock-sangeres en kletsprogramaanbieder, Karen Zoid, was Woensdag wéér bo-aan die Suid-Afrikaanse iTunes-verkoperlys, nadat sy Dinsdag saam met Riana Nel die gewilde Afrikaanse liedjie “Timbuktu” gesing het.