Wen: Geliefde SA rocker neem Amsterdam op horings

Die gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars Demi Lee Moore, Nataniël en Jo Black se konserte in die Theatre Amsterdam in Nederland het die ys gebreek met propvol gehore.

Afrikaners kan eersdaags in Amsterdam naderstaan om plesierig te raak wanneer die Suid-Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid daar op die planke te sien sal wees.

Karen sal slegs vir een aand op Saterdag 14 Oktober die stembande, instrumente en litte los maak op die verhoog van die gesogte Theater Amsterdam.

Karen is nie net ʼn briljante musikant en liedjieskrywer nie, maar is ook ʼn uitstekende storieverteller. Sy sal die gehoor vermaak met die beste vanuit haar musiekskatkis wat meer as twee dekades se treffers bevat – ʼn ware kunstenaar wat volksbesit geraak het.

Op tuisbodem is Karen ʼn geliefde sangeres en liedjieskrywer, aktrise en TV-aanbieder. Sy is bekend vir Afrikaanse treffers soos “Afrikaners is plesierig”, “Engel”, “As musiek begin speel”, “Deurmekaar” en “Vir jou”, en Engelse treffers soos “Small Room”, “Aeroplane Jane” en “Drown Out the Noise”.

Haar gesogte TV-geselsprogram, Die Republiek van Zoid Afrika, was ook ʼn reusesukses op kykNET.

“Ek is lief daarvoor om na die buiteland te reis en is opgewonde om saam met my Suid-Afrikaanse aanhangers in Amsterdam te rock and roll. Die vooruitsig om nuwe Hollandse fans en vriende te maak, is ook uiters opwindend. Ek kan nie wag om daar te speel nie,” sê Karen.

Karen se konsert in Amsterdam volg op dié van ʼn hele rits bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars se suksesvolle vertonings deur The Marketing Zoo in die Theater Amsterdam.

“Ons is baie trots op die konserte. Ons is ʼn internasionale bemarkingsmaatskappy, maar ons harte lê steeds by ons mense in Suid-Afrika,” voeg Smith-Venter by.

“Daarom het ons besluit om van Suid-Afrika se gunsteling-kunstenaars na ons mense in Nederland te bring, en waar beter om konsert te hou as in die gesogte en toeganklike Theater Amsterdam?

“Die afgelope klomp konserte se kaartjies het blitsvinnig gevlieg, dus raai ons mense aan om te spring om teleurstelling te voorkom.”

Karen Zoid se vertoning is 90 minute lank. Die konsert het geen pouse nie en BBP-kaartjiehouers sal haar ook kan ontmoet by ʼn spesiale geleentheid na afloop van die konsert, asook ander BBP-voordele ontvang.

Kaartjies vir Karen Zoid se vertoning op 14 Oktober is hier beskikbaar.

Wen

Twee gelukkige lesers het elkeen die kans om ʼn dubbelkaartjie te wen na Karen Zoid se vertoning op 14 Oktober.

Die kompetisie sluit op Maandag 18 September. Die wenners sal per e-pos in kennis gestel word. Skryf in vir die kompetisie deur die vorm in te vul.

Die kompetisie het gesluit.

Bepalings en voorwaardes:

  • Die kompetisie sluit Maandag 18 September om middernag.
  • Wenners sal lukraak gekies word.
  • Deelnemers moet ouer as 18 jaar wees.
  • Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  • Die trekking sal direk ná die sluitingsdatum plaasvind, waarna Maroela Media met die wenners in verbinding sal tree.
  • Sodra alle wenners gereageer het, sal hul name op Maroela Media bekendgemaak word.
  • Die pryse kan nie vir kontant omgeruil word nie.
  • Die prys sluit slegs toegang na die konsert in. Wenners is self vir reis- en verblyfreëlings verantwoordelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.