Drie vermeende koperkabeldiewe is Donderdagoggend vasgetrek enkele ure nadat hulle ʼn gewapende roof by ʼn sakeperseel in Centurion uitgevoer het.
Lees meerAlles vir Donderdag 24 November 2016
Repokoers weer onveranderd gelaat
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers Donderdag vir die derde agtereenvolgende keer onveranderd op 7% gelaat.
Hof sê oor aansoek om Abrahams en Kie te skors
Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag uitspraak gelewer oor die Helen Suzman-stigting en Freedom Under Law se aansoek om pres. Jacob Zuma te verplig om Shaun Abrahams, hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, te skors.
Huishulp-moord: ‘Dit het hom gebreek’
“Ek het langs haar lyf gekniel, haar hand vasgehou en ernstig gebid dat haar siel in vrede sal rus en dat sy haar plek na die hemel sal vind, selfs al het dit beteken dat sy haar man en haar twee klein seuns moes agterlaat.”
‘DA kan nie besluit wie SAUK aanstel’
Die SAUK se regspan het Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangevoer dat die DA nie die openbare uitsaaier kan voorsê wie om aan te stel nie.
Faf skud die omstredenheid af met ʼn skitter-honderdtal
ʼn Onoorwonne 118 lopies deur sy kaptein Faf du Plessis het Suid-Afrika uit ʼn benarde posisie op die eerste dag van die derde toets teen Australië in Adelaide gered en hulle kan die tweede dag met vertroue tegemoetgaan.
ToekomsVenster: Waarom gee God bevele?
Die wet is nie God se strafkamp vir mense wat tot ʼn ewige frustrasie gevonnis word nie, maar die riglyn en inleiding tot die volheidslewe wat Hy vir ons in gedagte het.
Waarskuwing vir erge storms uitgereik
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Donderdag ʼn waarskuwing uitgereik vir erge donderstorms oor groot dele van die land wat moontlik met hael en stormsterk winde gepaard kan gaan.
Cosatu: ‘Ramaphosa moet Zuma opvolg’
Die vakbondfederasie Cosatu het Donderdag amptelik sy standpunt in die debat oor die volgende ANC-president gestel deur aan te kondig dat die federasie adj.pres. Cyril Ramaphosa sal steun om die leisels van die regerende party oor te neem.
[Foto’s] Rustenburg-juffrou erg aangerand tydens uur lange ontvoeringsdrama
Waarskuwing: Die foto’s in die berig is grafies van aard en mag sensitiewe lesers ontstel.
Meyer le Roux deel tassies uit op die platteland
Halfpad deur ʼn baie uitdagende driekamp het Meyer le Roux van Buffelsfontein Baard-olie eers ʼn kort breuk gevat om tassies te gaan uitdeel by Hendrik Potgieter Landbouskool op Reddersburg.
Van gemeenskap tot stad
Respek is die sleutel vir gelukkige gemeenskappe en ʼn florerende stad.
Polisie krap kop oor lyk agter huis
Iemand in die erf langsaan het omstreeks 09:00 van ʼn onaangename reuk bewus geword en ondersoek ingestel.
Spotprent 24 November 2016
Jerm se spotprent vir 24 November 2016.
Ermelo-moordverdagte toe nie in hof
Die saak teen die verdagte wat vir die moord op Issie Dippenaar van Ermelo in Mpumalanga aangekla word, is vandag in sy afwesigheid in die plaaslike landdroshof aangehoor.
[Foto’s] Mercedes se luukse Maybach-pronkperd bekendgestel
Mercedes het pas op die Amerikaanse Los Angeles-motorskou sy jongste pronkperd, die Maybach S 650, bekendgestel. Slegs 300 eenhede van dié Mercedes-Maybach S 650 Cabriolet sal beskikbaar wees.
[Foto’s] ʼn ‘Reënboog’ in die kunsgalery
Gabriel Dawe, ʼn Meksikaans gebore kunstenaar, het ʼn merkwaardige mensgemaakte reënboog in die Toledo-kunsmuseum in Ohio, VSA, opgerig.
HAT herleef die jaar in woorde
Water, #MustFall, mediasirkus, staatskaping…. Woorde vang ʼn tydsgees vas en daarom het die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT) vanjaar weer sý woorde vir 2016 bekendgemaak – ʼn lys waaruit ʼn mens as’t ware ʼn prentjie van die afgelope jaar kan aflees.
Soektog na Pta-ma afgeskaal
Die soektog na Madelein Murray (40), ʼn sakevrou en ma van Pretoria, is afgeskaal ná byna twee weke nadat sy deur vloedwater meegesleur is.
Taalgebruik: proe of smaak?
Taaltoffie ondersoek die verskil tussen “smaak” en “proe”