Dit was tien jaar gelede toe die sangeres Lira opslae in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gemaak het met haar liedjie “Feel Good”. Dié liedjie het haar ʼn bekende stem op radiostasies gemaak. Nou het sy en die Afrikaanse rock-sangeres Karen Zoid wéér vandeesweek beïndruk met hul nuwe weergawe van dié liedjie.
Alles vir Donderdag 24 November 2016
Vyf beseer toe bende op geldwa toeslaan
Vyf mense is Donderdagoggend beseer toe ʼn groep gewapende mans op ʼn geldwa buite Witbank in Mpumalanga toegeslaan en dit beroof het.
MTN sê oor noodlynoproep
MTN Suid-Afrika het gereageer op bewerings dat ʼn operateur by sy noodlyn se inbelsentrum die foon in ʼn vrou se oor neergesit het omdat sy uit paniek geskree het.
Brits-moord: Leerder steel glo pa se vuurwapen
Twee jeugdiges verskyn vandag in die Brits-landdroshof in verband met die moord op Esbie Koster (50).
BBRU-liga: Carltonliga kom nader aan ou glorie
Die Springbokke en die Blou Bulle sal nooit weer daar wees nie, maar die Blou Bulle-rugbyunie (BBRU) se Carltonliga beweeg al hoe nader aan die gloriedae van ouds.
Dié vyf Media24-tydskrifte sluit
Media24 het Woensdag die titels bekendgemaak van die vyf tydskrifte wat binnekort gaan sluit.
Man met 18 renosterhorings betrap
Die 28-jarige man is voorgekeer nadat die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad ʼn wenk ontvang het.
Ermelo-vrou vermoor: Tuinier in hof
Die voormalige tuinier van Issie Dippenaar (58), die vrou wat Maandagaand in haar huis in Ermelo, Mpumalanga, vermoor is, sal vandag in die plaaslike landdroshof verskyn.
Nuwe aanskyn vir Goue Leeus se klubligas
Die Goue Leeus-rugbyunie (GLRU) se klubligas kry aanstaande seisoen `n nuwe aanskyn blykens die bepalings wat Donderdag deur die bond uitgereik is.
‘Polisieman’ teiken Pta-slagoffers
Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om versigtig te wees vir ʼn man wat met ʼn slenter veral slagoffers in Pretoria teiken.
Tokai-moord: Beskuldigde wil borgtog vra
Die 16-jarige Franziska Blöchliger se liggaam is in Maart in die Tokai-woud in Kaapstad gevind nadat sy gaan draf het en nie weer teruggekeer het nie.
Wallis en Bokke in dieselfde bootjie
Watter rugbyspan het die beste vertoningslys teen Wallis?
Doodstraf: Wonderkuur vir misdaad in SA?
Was dit ʼn fout om die doodstraf in Suid-Afrika af te skaf? Kan ʼn argument gemaak word vir die herinstelling van die doodstraf?
[Entrepreneurskap] Vier miljard pille per jaar
Jacques Basson van Klipkouers gesels met Nardus Alberts, stigter van Wrapsa, wat vertel hoe hulle vier miljard pille per jaar maak en verpak.
#FeesMustFall: Nie nou nie, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê daar sal geen gratis hoër onderrig wees totdat die regering ʼn oplossing beraam het hoe om dit te finansier nie.
SA sukkel om gyselaars se vrylating te verseker
Gift of the Givers, Suid-Afrika se rampverligtingsorganisasie, het Woensdag gesê hy sukkel steeds om die vrylating te verseker van Steve McGown, wat al vyf jaar lank deur Al-Kaïda-militante in Timboektoe, Mali, gevange gehou word.
Frankryk en Duitsland: Beslissings vir Fillon, Merkel
Frankryk hou volgende jaar, op 23 April, sy presidentsverkiesing. Die president word deur die bevolking gekies en daar is twee rondtes: die eerste rondte waar ʼn groot verskeidenheid van groot en klein partye se kandidate staan en die uitkloprondte, waar die wenner en naaswenner teen mekaar te staan kom.
Madonsela het geen reg om my te beveel nie, sê Zuma
Pres. Jacob Zuma het Woensdag in die Nasionale Vergadering gesê die voormalige beskermer Thuli Madonsela het geen reg om hom te beveel om ʼn kommissie van ondersoek aan te stel oor staatskaping nie.
Gedagte vir die dag: Wees ’n lewende voorbeeld van liefde
Erken in julle harte Christus as die een wat seggenskap het. As julle dit doen, en iemand vra julle uit oor die hoop wat in julle leef, wees altyd reg om te reageer. Doen dit egter taktvol en eerbiedig. (1 Petrus 3:15-16)