Een verdieping van ʼn kantoorgebou in Braamfontein, Johannesburg, is Vrydagoggend deur ʼn brand verwoes.
“Die hele sesde verdieping is in die gebou verwoes,” het Robert Mulaudzi, woordvoerder van die Johannesburgse nooddienste, gesê. “Die brand het net na 02:00 uitgebreek.” Die 25 verdieping hoë gebou is in Smitstraat geleë.
Mulaudzi sê die ondersoekspan sal bepaal of die gebou veilig is vir gebruik en wat die brand veroorsaak het.
Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die verkeer word na Harrisonstraat herlei. “Smitstraat is versper en motoriste kan van Harrison, Bree of Jorissenstraat gebruik maak,” het Minnaar gesê. –SAPA