Die Buffalo City-metroraad het ʼn beroep op sakeondernemings gedoen om verantwoordelik op te tree nadat alkoholverkope weer gedeeltelik hervat is.
Die metroraad sê ʼn kommerwekkende video van ʼn onlangse byeenkoms by ʼn venue in Oos-Londen wat aan die lig gekom het, wys algehele verontagsaming van die vlak 3-afsonderingsregulasies.
In die video kan gesien word hoe mense in die stampvol venue digby mekaar kuier en dans.
“Ons doen ʼn beroep op alle ondernemings in Buffalo City om wetgewing na te kom. Die meeste ondernemings het die regulasies nagekom lank voor die verkope van drank hervat is.
“Ons vra ondernemings om lewens bo wins te stel,” lui ʼn verklaring van die raad.
Die stad het ook ʼn beroep op die reguleerders van dranklisensies gedoen om op te tree teen ondernemings wat wetgewing oortree, aangesien hulle dan hul lisensievoorwaardes oortree.
Die metroraad het mense weer herinner dat alkoholgebruik by gelisensieerde venues net tussen 10:00 en 22:00 toegelaat word. Kroeë en restaurante moet om 22:00 sluit. Die aandklokreël geld tussen 23:00 en 04:00.
Binnenshuise byeenkomste mag nie 50% van die venue se kapasiteit oorskry nie en daar word van mense verwag om die regte protokol oor sanitasie, die nagaan van temperatuur, die dra van maskers en sosiale afstandhandhawing na te kom.
“Ons word bemoedig deur ondernemings en kerke wat die regulasies uiters voorbeeldig nakom.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Maar die strande word oorval met manne en vroue in blou.
En môre besluit die kopdoek om weer drankverbod in te stel. Straf die hele land want haar our people kan hulle nie gedra nie. Maar nou ja, almal is siek en sat om soos kinders behandel te word en dat ons lewrns deur komuniste beheer word. Lis die mense uit. Soos ek al gesê het, die wat bang is, bly die huis, dra jou ou maskertjie so veel soos wat jy wil en was die velle van jou hande af. Die regering hou daarvan om almal vreesbevange en paranoïes te hou en te beheer. Los die ander uit. Laat mense… Lees meer »
Maak die venue toe
En kerke word beperk tot 50
Dis nou deur sulke mense dat die verbod WEER ingestel gaan word! Ek drink nie, maar regtig waar die ekenomie en mense wat werk gaan nog verder onder dit lei…