Covid-19-statistieke: Meer as 4 000 nuwe gevalle

(Argieffoto: Unsplash)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het Saterdagaand die jongste Covid-19-statistieke vir Suid-Afrika bekendgemaak.

Altesaam 1 632 571 gevalle is tot dusver bevestig. Dit is 4 236 meer gevalle as die vorige verslag. Minstens 11 325 572 toetse is reeds afgehandel, waarvan 43 755 toetse sedert die vorige verslag afgehandel is.

Nog 53 sterftes (1 in die Oos-Kaap, 17 in die Vrystaat, 27 in Gauteng, 5 in KwaZulu-Natal, 3 in die Wes-Kaap) is aangemeld. Dit bring die dodetal op 55 772 te staan.

Minstens 1 537 430 persone (94,2%) het reeds herstel.

Provinsiale statistiek:

ProvinsieGevallePersentasie
Oos-Kaap19703612.1
Vrystaat972556.0
Gauteng44273927.1
KwaZulu-Natal33875420.7
Limpopo647814.0
Mpumalanga809515.0
Noordwes728174.5
Noord-Kaap470302.9
Wes-Kaap29120817.8
Totaal1632571100

Sterftes en persone wat herstel het: 

ProvinsieSterftesHerstelAktiewe gevalle
Oos-Kaap11642184816578
Vrystaat4199862126844
Gauteng1101242046911258
KwaZulu-Natal104813241944079
Limpopo239761847537
Mpumalanga1428780981425
Noordwes1844661974776
Noord-Kaap1021386357374
Wes-Kaap117482769622498
Totaal55772153743039369

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Thom ·

Die domastrante balhoriges gaan maak dat ons nog lank onder inperkings gaan wees . In ‘n land soos NZ het mense saamgewerk EN Lucinda Arden was onverbiddelik in haar hantering van Covid ; die gevolg was dat hulle feitlik normaal met hulle lewens aangaan .

Snowball ·

Hier is dit ongelukkig nie net die volk se skuld nie, hier het jy te doen met ‘n USELESS regering wat inentings genasionaliseer het en Nou nog nie eers die hele gesondheidsektor kon inent nie. Alles word soos hulle agterente beplan en uitgevoer terwyl hulle ‘n veer voel hoe dit mense se lewens direk en indirek beïnvloed. Die grootste bron van balhorige onnoseles sit in die regering.

MakersMark ·

Hier blameer die balhoriges die regering wat hul wil “beheer” en hul inkomste wegvat.

Hendrik Marthinus ·

Ons slim maroela lesers Sal met Al’s verskil
Covid is mos net nog n kamstige griep
Sodra van Meer inperkings gepraat word, Dan is dit die regering se skuld
Kyk vir NZ en Australia, amper nikse gevalle want as Hulle net 1 geval kry, is Hulle op n tipe level 5 inperking
Ons regering swik Onder druk want almal hardloop hof toe oor menseregte
Sit ons land Onder level 5 vir nog n maand en maak drank en skole toe en geen 3de wave Sal gevoel word nie
N blinde Kan sien, vir afgelope 2 weke is getalle van 400/500 ewe skielik 4000
Maar ons regering wag tot hospitale oorvol word Dan ewe skielik gaan ons hoor op n Sondag aand Mnr die President spreek ons toe om 19:00, n hele maand te laat

Dirk Mostert ·

Meer as 40,000 toetse, soos voor die Desember-vakansie.

Anton J ·

Elke inperking moet die hof mos omdraai weens selfsugtigheid. Intussen sterf ons mense aan covid. O Ja, voor iemand iets sê. My ma 58. spring lewendig, geen ander mediese kondisie is dood aan hierdie verpeste ding. Hou op jammer wees, sit ons op level 5 vir n hele twee maande. Almal moet saam staan. Jy gaan dit nie verstaan totdat jy voor n graf staan nie.

Snowball ·

Jammer vir jou verlies. Die hartseer realiteit is presies wat jy sê, eers voor ‘n graf of wanneer geliefdes alleen sterf, sonder om te kan tot siens sê, tref die vernietigende implikasies van Covid..

Dana ·

En ons bly op vlak 1 van inperking??? Verlede jaar was gevalle baie minder toe ons op vlak 5 geplaas is. Dubbele standaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.