Loer gerus na ons toneomkrullekkerkry-advertensie onderaan die berig!
In ʼn wêreld waar inligting so vrylik beskikbaar is, moet jou nuuskanaal geloofwaardig, gerieflik en gratis wees. Maroela Media stel hiermee amptelik sy nuus-app bekend!
Bly op hoogte met die jongste nuus: alles wat jy wil weet is nou in een app beskikbaar.
Ons app hou jou op hoogte met die jongste nuusgebeure en ons vertel jou alles wat in die wêreld van rugby gebeur. Kom kry op die koop toe sommer ook al jou tradisionele resepte. Onder “Vreemdhede” kan jy al die stories kom lees wat jou na jou asem laat snak, jou ʼn traan laat pik of laat skaterlag van lekkerkry en plesier. Dis nog net die oortjies van die seekoei!
Kom leer ook waar kom ʼn idioom vandaan, lees die mooiste gedigte en vind alles uit oor woorde wat jy al vergeet het. Ons app hou jou ook op hoogte met al die jongste Afrikaanse boeke op die rak.
Bly ook op hoogte met al die Afrikaanse flieks en musiek- en teaternuus en kry sommer ʼn warm gevoel in jou hart oor al die goeie nuus wat ons onder “Goeie goed” op die app publiseer.
Jou daaglikse oordenking is ook beskikbaar en jy kan boonop ook alles kom lees oor motors, tegnologie en die ruimte!
En dan kom sê meningsvormers hul sê in Nóú pra’ jy – hier kan jy ook jou stuiwer in die armbeurs kom gooi.
Die app is beskikbaar vir iPhone en Android-slimfone en jy kan self kies wat jy wil sien, indien daar afdelings is waarin jy nie belangstel nie.
Ons app is die nuusleser met die vreemde pruik, die soustannie met die lekker bak beskuit, die skeidsregter en die oom op die pawiljoen wat nartjies gooi. Ons is jou taaljuffrou en die pêl wat saam stokkies draai. Ons is jou ouma se sagte skouer en jou oom se blinknuwe motor. Skink vir jou ʼn koppie boeretroos dan kuier jy lekker saam. Dis Maroela, Pappa!
Laai ons gratis nuus-app af vir Android of iPhone:
Ek lees altyd die media-berigte en sal graag wyer wil lees. Sien uit.
Kan julle asb due app beskikbaar maak vir BlackBerry ook?
Wil ook graag weet vd app vir BlackBerry
Dagsê Elma
Dankie vir jou navraag! Die app is ongelukkig nog nie beskikbaar vir Blackberry-selfone nie.
Ons hoop jy kuier intussen lekker direk op die webwerf!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dagsê Judy
Dankie vir jou navraag! Die app is ongelukkig nog nie beskikbaar vir Blackberry-selfone nie.
Ons hoop jy kuier intussen lekker direk op die webwerf!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Moet asseblief nie van ‘n “Windows Phone” applikasie vergeet nie….
Wil graag lekker, ware, Afrikaanse nuus ontvang
Sien uit daarna!
Sien uit daarna!
Ek sien uit na hierdie nuus. Ek kan as skrywer ook bydrae. My Oupa Guglielmo Martinaglia het die Sterkfontein Grote ontdek in 1896. Daarna deelgeneem an die ABO saam met ‘n 100 ander Italiaaners teen die Britse aanval in die Z.A.R.
sal graag nuus wil lees in Afrikaans.
Sal net graag wil hê dat die App ook kan “draai” opdie I-Pad sodat ek so ‘n breër prentjie kan kry.
Geniet Maroela Media se nuus im my taal !
Sal net graag wil hê dat die App ook kan “draai” op die I-Pad sodat ek so ‘n breër prentjie kan kry.
Geniet Maroela Media se nuus in my taal !
Dagsê Johan
Dankie vir jou terugvoer! Ons hoop om binnekort ook ‘n iPad-weergawe van die app beskikbaar te stel.
Hoop jy kuier nog baie lekker verder op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Het vandag op Google Play gaan soek vir Maroela Media toep. Kan dit glad nie kry nie?
Hou daarvan om op hoogte te bly van wat in en om my aangaan en wonderlik dat dit nou in my eie taal gaan wees Dankie vir julle Mooi veilige daggie vir almal
Sien uit na eerlike terugvoer.
wag vir nuus sonder vooroordeel.
Liewe Loven! Julle is nie op Blackberry beskikbaar nie, ook nie op iPad nie, nou waarop is julle dan beskikbaar? Uitgekap op kliptafels, miskien?
Dankie vir eerlike nuusgewing. Voorspoed
Nou kan ons die regte statistieke sien.
Bja dki vir Maroelanuus! Nounet afgalaai
Kan julle vir ons di app organise vir Windowsphone 8.1 ok asseblief
Ek het ook n Blackberry-selfoon.Sal op die webwerf gaan loer!Dankie vir afrikaans.
Jammer, maar ek sien julle maak weer die klassieke persiepsiefout dat die iPhone algemeen gebruik word. In Suid-Afrika het die Windows Phone al lankal die iPhone in getalle verbygesteek. http://bits.blogs.nytimes.com/2013/03/27/where-in-the-world-are-windows-phones-outselling-iphones/
Ek hoop van harte julle werk hieraan!
Ek is op Windows 8 telefoon. Sien nie jou antwoord op Windows App nie.
Sien uit daarna op nog baie in my eie taal te hoor. Hoera!! Vir afrikaanns
Dankie julle, ek is ook ‘n nuusvraat. Het dit nou net afglaai!!
Hopelik werk iemand aan ‘n Windows foon app?
Opgewonde oor nuus media
Maroela nuus die beste ding since slice bread kan nie wag vir die blackberry app nie
Gee more
Het Vernon dat mayoral media toe passing nie vir blackberry besieged is nie is daar dalk n moontlikheid dat n toe passing vir blackberry in die voor uitsig sal wees.
Marlow media n moet en n winner in die nuus ask al die bykomstighede driven.
Bests Greet
JOHAN
Dagsê Johannes
Ek vermoed “autocorrect” is in Engels op jou selfoon aangeskakel, ek het so bietjie gesukkel om te verstaan wat jy skryf.
Ons beplan ongelukkig nie binnekort ‘n Blackberry-toepassing vir ons app nie.
Ek hoop jy kuier tog nog lekker verder saam op Maroela!
Groetnis
Suné
nms Maroela Media