Dié man gesoek ná eenjarige omgery is

Johannes Scheepers (Foto verskaf deur SAPD Wes-Kaap)

Die polisie in Elandsbaai in die Wes-Kaap versoek die publiek se hulp om die 43-jarige Johannes Scheepers op te spoor. Scheepers word van roekelose of nalatige bestuur beskuldig ná ʼn voorval op 7 Maart 2020.

Ao Joseph Swartbooi, woordvoerder van die polisie, sê volgens berigte was Scheepers die dag by ʼn huis in Elandsbaai. “Hy het omstreeks 15:50 in sy motor geklim en toe hy wegry, het ʼn eenjarige seun beserings opgedoen toe hy tussen die bande van die motor beland het.”

Die verdagte het versuim om op 23 Februarie 2021 in die Piketberg-landdroshof te verskyn. “Sedertdien sukkel die ondersoekbeampte om die verdagte op te spoor. ʼn Lasbrief is uitgereik vir sy inhegtenisneming.”

Scheepers is vermoedelik iewers in Kaapstad.

Enigiemand met inligting word versoek om speurdersers. Titus te kontak by 079 894 1824 of 073 417 0391.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.