Een sterf toe taxi deur diereskuiling se muur bars

(Foto verskaf deur Wetnose)

Een persoon is dood toe ʼn taxi Maandagaand deur ʼn grensmuur van die dierereddingsorganisasie Wetnose in Bronkhorstspruit gebars het. ʼn Woordvoerder van Wetnose sê die ongeluk het langs die skuiling se oefenbane plaasgevind.

“As Veronica, ons dierewelsynbestuurder vyf sekondes vroeër daar verbygestap het, sou die taxi haar getref het,” lui ʼn verklaring.

Die taxi het glo teen meer as 100 km/h gery voor die voertuig van die pad af gery, ʼn rots getref, omgeslaan en die grensmuur getref het.

Meeste van die 11 passasiers is uit die taxi geslinger.

“Veronica het gesien hoe een van die passasiers naarstiglik haar geliefdes wou bereik. Sy het die persoon, wat baie ernstig beseer is, gehelp om ʼn oproep te maak om sy familie oor die ongeluk in kennis te stel.”

Talle van die ander geliefdes het ook van die ongeluk te hore gekom.

“Die passasiers is almal werknemers van dieselfde maatskappy. Hulle was met die taxi op pad huis toe, aangesien die taxi vervoer verskaf vir die personeellede.”

Familielede van die slagoffers het kort daarna by die toneel opgedaag.

“Een persoon is oorlede. Drie het kritieke beserings opgedoen en sewe ander het ernstige beserings opgedoen.”

Die beseerde persone is na Bronkhorstspruit-hospitaal en Wilgers-hospitaal geneem.

“Ons is baie dankbaar dat die nooddiensbeamptes, ambulanse en brandweer vinnig gereageer het. Die laaste ambulans wat die toneel verlaat het, het boonop op die N4 oor ysterpenne gery. Dit het nóg trauma veroorsaak.”

Wetnose se bestuur het sy innige meegevoel betuig met elkeen wat deur die tragedie geraak word en het sy ondersteuning vir hulle aangebied. “Ons vra dat julle aan die slagoffers en families van die ongeluk sal dink en vir hulle sal bid.”

(Foto verskaf deur Wetnose)

(Foto verskaf deur Wetnose)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

En die ysterpenne is maar net nog een van die daaglikse “challenges” soos die anc sê.
Dis nie n probleem nie, on nee, dis n challenge.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.