[Foto’s] Minstens 5 dood tydens ongeluk op N3

Foto: Garrith Jamieson, Rescue Care

Foto: Garrith Jamieson, Rescue Care

Minstens vyf persone is dood en 14 beseer ná ʼn ongeluk Vrydagmiddag op die N3 in die rigting van Durban, naby die Pavillion in Westville, KwaZulu-Natal, tussen ʼn taxi en twee vragmotors.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die taxi was tussen die twee vragmotors vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die drie voertuie was in die linkerbaan van die snelweg. Verskeie persone was in die taxi vasgekeer,” het hy gesê.

Reddingspanne moes meganiese toerusting gebruik om die persone uit die wrak te verwyder.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê minstens vyf persone is dood en 14 beseer. Hy het motoriste gemaan om die gebied te vermy. Slegs een baan is oop vir verkeer.

Die taxi het vermoedelik agterin ʼn stilstaande vragmotor, wat in die linkerbaan onklaar geraak het, vasgery. ʼn Tweede vragmotor het die taxi van agter getref.

Plaaslike owerhede is op die toneel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

14 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pik

Dit verbaas my nie taxi’s mag doen en ry soos hulle wil vandag n voorval gehad waar een in die geel lyn verby jaag my spieel afry en dan nog my vloek ek vra vir geduld want krag sal my op die koerant se voorblad he

Hendrik

ek dink w praat bietjie vinnig. volgens die wiele lyk dit nie vir my of dit een van die nuwe taxi’s is nie. of dit nou n nuwe of oue is, dit bly erg en onaanskoulik.

Kaspaas

Lyk of Taxi tussen twee vragmotors ingedruk het en die agterste vrag motor kon nie betyds stop. Jammer oor die lewens verlies van die passasiers.

Sarie

Dis AAKLIG!!! Arme passasiers… Hulle moes van die taxi gebruik maak om watter rede ookal. Hulle het die fooi betaal & met hul lewens geboet. Daar sal beslis beseerdes wees, wat nòòit weer ‘n normale lewe sal kan lei nie. Dit verbaas my dat daar hoegenaamd enige oorlewendes is… Was u al in ‘n ernstige ongeluk betrokke? Waarna jy moes hoor: “Wees bly jy leef nog”, terwyl jy na jou gebroke liggaam & lewe gekyk het & God gevra het waarom jy nie liewer gesterf het nie? Daar is die pyn van verlies; (‘n ledemaat, jou werk, jou voorkoms, beweeglikheid… Lees meer »

Carien

Trokke is ñ groot probleemop N3 jhb/durban. Daar is daagliks ongelukke en die paaie word stukkend gery. Die trokke ry nes hulle wil soms sommer in al drie bane. Dit is tyd dat daar weer na Transnet se infrastruktuur gekyk word. Hoeveel mense moet nog sterf voordat daar iets gedoen word oor die toenemende trokke op die N3.