Foto’s: N4-ongeluk eis drie

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

Dinsdagoggend se ongeluk op die N4-snelweg in Pretoria het die lewens van twee mans en ʼn vrou geëis en het erge verkeersvertragings tot gevolg gehad.

Volgens Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, is vier mense in die ongeluk beseer. Een persoon is kritiek beseer. Die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer is vir verdere mediese sorg.

Maroela Media het vroeër berig die ongeluk het naby die Solomon Mahlangu (Hans Strijdom)-afrit in die ooste van die stad plaasgevind. ʼn Minibustaxi en twee ander voertuie was in die botsing betrokke. “Die taxi het omgekeer en op sy kant tot stilstand gekom. Een van die voertuie het bo-op die ander voertuig tot stilstand gekom,” het Steinmann gesê.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.