Fratsgolf dood drie, talle beseer

‘n Fratsgolf by Durban se promenade het drie mense gedood. (Foto: Facebook/ KZN VIP Services)

Drie mense is dood en talle beseer nadat ʼn fratsgolf ʼn Durbanse strand getref het.

Paramedici het Saterdagmiddag op ʼn noodoproep by die Durbanse promenade reageer. Volgens inligting op die toneel was die strand propvol vakansiegangers en van die strandgangers is die see in meegesleur.

“Die golf het die slagoffers teen die pier vasgeslaan, wat ernstige beserings veroorsaak het,” het die nooddienste KZN VIP Services, gesê. Drie mense, vermoedelik tieners, is gevolglik dood.

Volgens Robert McKenzie, woordvoerder van die nooddienste in KwaZulu-Natal, het paramedici 17 mense op die toneel behandel. Almal was in ʼn ernstige tot kritieke toestand en is na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer.

Die strand was vir die res van die dag gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.